• Tuisblad
  • Sport
  • Taliban-oorname in Afghanistan bemoeilik Klusener se lewe

Taliban-oorname in Afghanistan bemoeilik Klusener se lewe

Krieket
Die voormalige Protea-kanonkolwer Lance Klusener se rol as hoofafrigter van Afghanistan se krieketspan was nog nooit baie maklik nie – maar sedert die Taliban se oorname van dié land is dit ’n selfs groter uitdaging.
In ’n ideale wêreld sou Klusener en sy span nou reeds in die Verenigde Arabiese Emirate gewees het om hulle voor te berei vir die T20-Wêreldbeker-toernooi wat op 25 Oktober begin.
In plaas daarvan is Klusener 12 000 km van sy spelers af, terwyl hy hulle uit Durban probeer brei. Die span het onlangs ’n oefenkamp gehad.
“Ons het beplan om minstens ’n maand (in die VAE) te wees, maar ons wag steeds vir visums, so dit gaan nie gebeur nie. Ons sal so gou as wat ons kan daar uitkom,” het Klusener aan AFP gesê.
Sedert die Taliban se oorname moes die krieketspan se reeks teen Pakistan gekanselleer word en die land se professionele T20-toernooi is ook afgestel.
Die Taliban se invloed word reeds gevoel in die hoofkwartier van die Afghaanse krieketraad, waar ’n nuwe voorsitter en uitvoerende hoof aangestel is.
Een reuse-bedreiging vir Afghanistan se status as volle lid van die Internasionale Krieketraad is die toenemende moontlikheid dat vrouekrieket in die land heeltemal tot niet sal gaan.
Klusener (50) het gesê hy was net enkele dae voor die Taliban-oorname nog in Kaboel.
“Ek dink dit (die oorname) sou altyd gebeur, maar almal was verras oor hoe vinnig dit gebeur het,” het hy gesê.
“Daar is niks wat ons as sportmense daaraan kan doen nie. Ons moet maar om of saam daarmee werk.
“Ons het darem ’n goeie oefenkamp van so twee en ’n half weke gehad. Die kolfblaaie was heel goed vir hierdie tyd van die jaar.
Klusener het gesê hy moet nog met die nuwe ringkoppe van Afghanistan se krieketraad praat, maar verstaan dat die Taliban “ten gunste van die bevordering en ondersteuning van krieket” is.
“Uit alles wat ek gehoor het, klink dit asof hulle ondersteunend is en tevrede is dat ons voortgaan,” sê Klusener.
Te midde van die groot veranderinge in Afghanistan bly Klusener (wat in 49 toetse en 171 eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespel het) se fokus op die daaglikse uitdagings van sy werk.
“Ons speel ongelukkig altyd weg van die huis af,” sê hy. “Gooi Covid-19 daarby in en dit raak ’n groot logistieke stryd. Die laaste keer wat ons gespeel het, was in Maart teen Zimbabwe (in Abu Dhabi). Gelukkig het ons ’n paar spelers in T20-ligas oor die wêreld.”
Afghanistan se “Groot Drie”, Rashid Khan, Mujeeb Ur Rahman en Mohammad Nabi, is almal tans in die VAE vir die Indiese Premierliga, terwyl vyf van die ander spelers in Afghanistan se 15-man-groep vir die WB-toernooi by ander T20-ligas betrokke is.
Met Khan, Rahman en Nabi almal draaiboulers, beskou Klusener Afghanistan se draai-aanval as “die beste in die wêreld”.
“Ons stel eise aan enige span teen wie ons speel, veral as daar draai in die blaaie is,” sê hy. “Ons groot uitdaging is om meer lopies op die bord te kry. Dis ons fokus – ons werk daaraan om ’n mededingende telling op te stel wanneer ons eerste kolf.”
– Sport24

FOTO’s
Lance Klusener. Foto Gallo Images

Rashid Khan. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.15/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.29/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 995.52/OZ UP +1.04% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 364.15/OZ UP +0.75% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.29/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 995.52/OZ UP +1.04%