Taliban, IS vermoor talle burgerlikes
Taliban, IS vermoor talle burgerlikes

Taliban, IS vermoor talle burgerlikes

Afganistan
NAMPA
Die Taliban en die Islamitiese Staat-groep (IS) het gesamentlik tientalle burgerlikes in 'n Afgaanse nedersetting vermoor.

Dit het vrees laat ontstaan dat samewerking tussen die twee groepe in Afganistan aan die toeneem is en verdere druk op die reeds beleërde veiligheidsmagte kan plaas. Meer as 50 mans, vroue en kinders is Saterdag in die afgesonderde Sayad-distrik in die noordelike provinsie Sar-e Pul vermoor nadat die vegters die plaaslike polisiekantoor verower het.

Die meerderheid van die oorledenes was Sjiiete. Die meeste is doodgeskiet, maar sommige is onthoof, het 'n weermagwoordvoerder gesê. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-07-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer