Talent van oral in die land kom tot uiting
Komende naweek se semifinale skets 'n redelik gesonde prentjie van die stand van skolerugby in die land.
Tielman van Lill - Nadat 17 kwarteindstryde van die Momentum-reeks vir hoërskole verlede Vrydag en Saterdag in die hoofstad gespeel is, is daar 16 halfeindstryde vir die komende naweek op die program waarin 18 skole opnuut vir plekke in die eindstryde gaan meeding.
Ná 1 090 minute se klipharde rugby in die o.14-, o.15- en vier senior afdelings (o.19A-, B-, C- en D) by die Hage Geingob-stadion en Windhoek Gimnasium se veld, is 'n totaal van 880 punte deur die seuns met dikwels sprankelende spel opgestapel.
Die wenspanne het 'n allemintige 539 punte (gemiddeld bykans 32 per wedstryd) aangeteken, terwyl die naaswenners met 341 (20 per wedstryd) geantwoord het.
Slegs twee spanne, Hoërskool De Duine se eerstespan (o.19B-liga) en die o.15B's van Grootfontein Agri Kollege, het met 'n nulletjie op die telbord geëindig, terwyl Hoërskool Dr. Lemmer se o.15B's net drie punte kon bewerkstellig.
Kenners se raad aan dié seuns sal wees om nie te gaan lê nie, maar om aanhou rugby te speel en dit geld vir al die spanne wat nie 'n oorwinning kon smaak nie, of wat reeds voor die uitklopfase uitgeskakel is.
Een van die suksesstories van die 2018-seisoen is hoe OK Foods Privaatskool Moria se eerstespan met sy eerste probeerslag tot die o.19-Superliga deurgedring het, waar 'n taai semifinaal teen KMC/JCC Windhoek Afrikaanse Privaatskool hom nou in die gesig staar.
Die span van Outjo het Vrydagaand daarin geslaag om Tsumeb Gimnasium 1 met 35-31 te troef. Moria het skaars 45 spelers in totaal in sy hoërskoolgroepe en om hiermee 'n eerstespan én o.15's in die veld te stoot wat beide die semifinaal haal, wil gedoen wees.
Is dit moontlik dat Moria met sy ondernemende spel selfs die mat onder die voete van Windhoek Affies, die o.19-voorloper met sy veel groter getalle, kan uitpluk?
“Ons het wel spelers van die Outjo staatskool en ook van Otjiwarongo wat saam met ons speel, omdat Otjiwarongo nie meer 'n span het nie. Ons doen reeds die afgelope tien jaar rugby-ontwikkeling in die Outjo-gemeenskap,” sê mnr. Neil Prinsloo, uitvoerende hoof van Moria Privaatskool.
Nog 'n skaflike vertoning deur 'n nuweling uit die platteland is Mototech Pro-Ed Akademie 1 van Swakopmund wat met sy debuutjaar sy visier op die o.19A-titel kan instel wanneer hy môreaand teen Pupkewitz Haval Privaatskool Elnatan 1 van Stampriet gaan kragte meet.
Selfs die groter skole verloor soms jarelange staatmakers ná matriek en gaan dan deur 'n opboufase voordat hulle weer met 'n nuwe kombinasie die kruin van die golf kan ry.
Só is daar Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool 1 (Naartjies) wat verlede seisoen tot in die Superliga-finaal gevorder het, maar wat Saterdag met 'n ietwat jeugdiger groep eers met Samsung WHS II in die o.19A-liga se semifinaal sake moet uitklaar.
Natuurlik is daar die tradisionele rugbykragte soos Windhoek Hoërskool en Windhoek Gimnasium wat die afgelope jare oorheers en opnuut met die meeste spanne spog wat die naweek aan die halfeindstryde gaan deelneem. Dié twee reuse se botsing in die Superliga-halfeindstryd laat reeds geesdriftiges se monde water.
Nadat die WHS Koedoebulle se magtige kampioenspan van 2016 die geskiedkundige eerste Momentum Superliga-finaal vir Affies 1 bederf het, is laasgenoemde vanjaar met mag en mening terug om Saterdag teen Moria 1 sy beste spel op te dis.
Affies 1 het deurlopend in die 2018-seisoen sy stem dik gemaak om boaan die puntelys te eindig. Geen premierligaspan kon egter onoorwonne bly nie, met Affies wat teen die einste WHS 'n bloedneus gekry het.
Samsung WHS 1 en Schoemans-groep Windhoek Gim 1 sal môreaand rugbyliefhebbers na hul asems laat snak. Met die Namibië Rugbyunie se premier- en reserweliga-eindstryde vir klubs wat iets van die verlede is, sal die naweek se rugbyfees hoogtepunte van sy eie oplewer.
WHS spog vanjaar met vyf spanne in die finale, terwyl Windhoek Afrikaanse Privaatskool en Windhoek Gimnasium elk met drie volg.
Drie privaatskole (Moria, Walvisbaai en Elnatan) spog met twee spanne, asook Dr. Lemmer, HTS Windhoek en M&K Gertze.
Die res van die nege skole wat elk een span in die semifinaal oor het, dra almal 'n belangrike deel by tot die kultuur en voedingsbronne van rugbytalent in die land. Intussen word gretig gewag op die dag van ingryping wanneer behoorlike ontwikkeling by die skole in die verafgeleëe noorde en suide van Namibië gedoen word waar soveel natuurlike talent verskuil lê.
Skole met spanne in
halfeindstryde
Vyf spanne – WHS: o.14B, o.15A, o.19D (vierdespan), o.19A (tweedespan), o.19 Superliga (eerstespan).
Drie spanne – Windhoek Gimnasium: o.15A, o.19B (tweedespan), o.19 Superliga (eerstespan); Windhoek Afrikaanse Privaatskool: o.15A, o.19C (tweedespan), o.19 Superliga (eerstespan).
Twee spanne – PS Moria: o.15B, o.19 Suerliga (eerstespan). PS Walvisbaai: o.15A, o.19A (eerstespan). PS Elnatan: o.15B, o.19A (eerstespan). Dr. Lemmer: o.14B, o.19B (eerstespan). HTS: o.15B, o.19C (eerstespan). M&K Gertze: o.14B, o.19D (tweedespan).
Een span – Agri Kollege: o.19B (eerstespan). PK de Villiers: o.19B (eerstespan). Pro-Ed Akademie: o.19B (eerstespan). PS Keetmanshoop: o.19C (eerstespan. PS Karibib: o.19D (eerstespan). Hoërskool Rehoboth: o.19D (eerstespan). Okahandja Skole: o.19C-liga. Gobabis Gimnasium: o.14B. Otji's Rugby: o.15B.
Wie is Namibië se voorste rugbyskool – is dit die skool wat die meeste spanne in die halfeindstryde en eindstryde het, of die meeste finale wen, of wat die o.19 Superliga verower? Of is daar ander kriteria wat swaarder behoort te weeg? Besluit maar self.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie