Tafel gedek vir Swapo-kongres

Planne om die buitengewone kongres van die regerende party dié naweek te stuit, het misluk.
Geraldo (REP) Liebenberg
Denver Kisting



Selfs diegene wat nie met die hofbeslissing saamstem nie, moenie dié naweek die buitengewone Swapo-kongres boikot nie.

Dit was gistermiddag die pleidooi van me. Sophia Shangingwa, die sekretaris-generaal van die regerende party.

Sy het opnuut gistermiddag die gesang van eenheid gesing en gemaan teen verdeeldheid, wat die regerende party veral sedert verlede jaar se gewone kongres kasty.

Die onderlinge spanning tussen faksies in Swapo is gister op die spits gedryf toe die party hof toe gesleep is oor verlede jaar se kongres.

Shaningwa het ná afloop van die verrigtinge in die hoërhof 'n nuuskonferensie op die randsteen in John Meinertstraat belê, waartydens sy verklaar het niks sal eerskomende naweek se verrigtinge in die wiele ry nie. Sy het verduidelik die naweek se vergadering moet oor kernaangeleenthede beraadslaag. “Die buitengewone kongres is genoodsaak deur 'n agendapunt waaraan nie tydens die sesde gewone kongres aandag geskenk kon word nie, naamlik die wysigings aan die Swapo-party se grondwet,” het sy gesê.

Sy het deurgaans 'n Bybel in die een hand en 'n brandende Swapo-kers in die ander hand vasgehou onder luide dreunsang van bevrydingsliedere.

Later, toe sy die twee bladsy lange mediavrystelling voorgelees het, het ander mense die items vasgehou.

Bevrydingslagspreuke is ook tussendeur geskree.

Regter Thomas Masuku het gister gelas daar is partye, wat deel van die geding moes gewees het, wat nie as deel van die saak gelys is nie.

Mee. Mirjam Shituula en Selma Namboga het gister se perd opgesaal om verlede jaar se kongres ongeldig te laat verklaar.

Sonder dié partye, soos pres. Hage Geingob, ook die partypresident, en die sentrale komitee van Swapo, kon die hof nie die saak aanhoor nie, het die regter bevind.

In hul eedsverklarings sê Shituula en Namboga die samestelling van verlede jaar se kongres is onwettig en teenstrydig met Swapo se grondwet.

Dit het daartoe gelei dat die verkiesings op dié kongres nie vry en regverdig geskied het nie, lui hul betooghoofde voorts.

Hulle sê dit sluit die verkiesing van die sentrale komitee in.

Onder meer, voer hulle aan, het streekgoewerneurs, wat nie stemgeregtig is nie, wel aan die verkiesing deelgeneem.

Shaningwa het gistermiddag gesê die buitengewone kongres bly oop vir alle afgevaardigdes, insluitend diegene wat deur die bevinding van die hof gegrief kan wees.

Sy sê hulle verwag afgevaardigdes van buite Windhoek om môre in die hoofstad aan te kom.

Die buitengewone kongres sal na verwagting Saterdag ten einde loop, het sy gesê.

Hofsaal G het gister uit sy nate gebars van regslui, joernaliste en politici.

Jan en Sus Alleman was oën­skynlik ook goed verteenwoordig. Sommige lede van die publiek moes selfs die verrigtinge van buite die hof se deur waarneem.

Swapo en Shaningwa is gister deur adv. Tembeka Ngcukaitobi en mnre. Slysken Makando en Dirk Conradie verteenwoordig.

Adv. Griffiths Madonsela SC, adv. Tuhafeni Muhongo en mnr. Boris Isaacks het vir Shituula en Namboga opgetree.

Die prokureur-generaal, adv. Albert Kawana, die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Derek Klazen, en mnr. Tobi Aupindi, 'n lid van die sentrale komitee, was enkele van die talle mense wat gister se hofverrigtinge meegemaak het.

Die saak is intussen tot 6 Desember uitgestel.

Shituula en Namboga en hul klaarblyklike ondersteuners, me. Nambata Angula en mnr. Seth Boois, moet teen dié dag hul huis in orde hê indien hulle die aanvullende partye tot die geding gevoeg wil hê.

Op 6 Desember sal die hof dan hoor hoe ver die verskillende partye gekom het en die weg vorentoe help bepaal.

Masuku het reeds aangedui hy gaan in Januarie met langverlof en sal nie dan beskikbaar wees om die aangeleentheid aan te hoor nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.92/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0094 | Zinc US$ 2 922.00/T UP 0.35% | Brent Crude Oil US$ 84.86/BBP UP +0.67% | Platinum US$ 961.17/OZ UP +0.59% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.92/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0094 | Zinc US$ 2 922.00/T UP 0.35% | Brent Crude Oil US$ 84.86/BBP UP +0.67% | Platinum US$ 961.17/OZ UP +0.59%