Taai loting vir Cosafa o.17-groep
Die Namibiese o.17-sokkerspan bevind hom in ’n taai groep wanneer die Cosafa-toernooi in dié ouderdomsgroep oor sowat twee weke begin.
Die gasheerspan Mauritius sal saam met twee voormalige wenspanne, Suid-Afrika en Seychelle, die groepteenstanders vir Namibië wees.
Die loting is afgelope Vrydag in Johannesburg gedoen waar die trofeehouers Zambië in groep B saam met Malawi, Madagaskar en Mosambiek geloot is.
Die toernooi word vanaf 22 tot 31 Julie in Mauritius gespeel.
Kort op die hakke van die suksesvolle senior Cosafa-toernooi in Windhoek sal hierdie ’n vertoonstuk van Suider-Afrika se volgende geslag topspelers wees wat in die talentjagters se visier kan kom. Die top-twee spanne in elke groep sal tot die halfeindstryde deurdring wat oorkruis tussen groep A en B gespeel sal word.
By die vorige o.17 Cosafa-toernooi twee jaar gelede in Zimbabwe het dié span tot die eindstryd gevorder, waar Zambië hom met 3-0 op sy plek gesit het. Namibië het die uitspeelwedstryd vir die derde plek met 2-1 teen Malawi gewen.
AFCON-WEDLOOP
Die o.17’s, bekend as die Baby Warriors, het Saterdag net-net die knoop deurgehaak in hul wegwedstryd teen Botswana om na die tweede ronde van o.17 Afcon-kwalifikasie deur te dring.
Hoewel Botswana laas naweek in Lobatse met 2-1 aan die wenkant was, het Godwin Awaseb se treffer die 2-2 aggregaat uitslag in Namibië se guns geswaai danksy die doel in ’n wegwedstryd.
Afrigter Timo Tjongarero se span sal volgende teen Kongo Brazzaville opgeweeg word in die wedloop na die o.17 Afrika Nasiebekertoernooi wat volgende jaar in Madagaskar aangebied word.
“Ons is baie bly oor die uitslag.
Dit was nie maklik nie en die ouens moes diep grawe om seker te maak dat ons die knoop deurhaak,” het Tjongarero agterna gesê.
“Ons sien uit na die volgende wedstryde en dit gaan alles oor blootstelling vir die manne.
“Gelukkig gaan ons later vandeesmaand na Mauritius vir die o.17 Cosafa-toernooi en dit sal help om ons span se fiksheidsvlak verder op te stoot.
“’n Uitdaging nou is om ’n verstandhouding met die spelers se skole te bereik om seker te maak dat hulle akademiese vordering op datum bly.”
Die Namibiese beginspan teen Botswana was: Philipus Josef, Godwin Awaseb, Johannes Hollombach, Lubeni Haukongo, Immanuel Isaya, Dawid Morgan, Helmuth Namaseb, Stanley Ndjavera, Vaino Uugwanga, Tulela Shipanga, Godwin Eiseb.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie