Taai in Tokio
Namibiese ondersteuners was gister in Tokio, Japan net so taai soos die Namibiese span in groot dele van hul vertoning teen Nieu-Zeeland se All Blacks. “Was so bly om iemand in Toyota-stad te ontmoet wat Afrikaans kon praat,” skryf hierdie groep. In die foto is Derek, ‘n Suid-Afrikaner wat in Hawaii woon, saam met Cliff, Svetlana en Neathan Loubser en Theo en Gianno Klein. Stuur jou geeskiekies met WhatsApp na 0811 7000 10 of e-pos na [email protected].
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie