Té min kundigheid kortwiek ekonomie

Namibië kry pak op WEF-indeks

10 October 2019 | Regering
Jo-Maré Duddy – Uit 141 ekonomieë wat deur die Wêreld- Ekonomiese Forum onder die loep geneem is, word Namibië as een van 43 lande met die swakste vaardighede beskou.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jongste mededingingheidsindeks, wat Dinsdag om middernag vrygestel is, gee Namibië 49% vir die kundigheid van sy arbeidsmag.

Werkers in die bestaande arbeidsmag was gemiddeld 8,5 jaar op skool. Namibië vorm deel van die 55 lande wat die swakste in dié kategorie van die WEF gevaar het.

Die private sektor is gevra hoe maklik dit is om kundige werknemers te kry. Die WEF se puntetoekenning aan Namibië hiervoor is 48%. Dit plaas die land 101ste uit 141.

Besighede is gevra of gegradueerdes en mense wat hoërskool voltooi het, oor geskikte kundigheid beskik. Hul antwoorde het aan Namibië ‘n punt van 47% besorg en die land 86ste in die wêreld geplaas.

Ook die gehalte van die land se beroepsopleiding het deurgeloop. Met ‘n punt van 49,5% lê Namibië 81ste op die WEF-ranglys vir dié vraag.

Die aktiewe bevolking se digitale vaardighede het bykans 44% gekry. Dit plaas Namibië 108ste op die leer.

Die WEF stel nie ‘n noemenswaardige verbetering in die vooruitsig nie. Aan Namibië se toekomstige arbeidsmag is ‘n punt van 56% toegeken. Dit beteken Namibië lê 103de in die wêreld, dieselfde as verlede jaar.

Ondanks dié uitdagings met die arbeidsmag, bevestig die WEF-indeks opnuut hoe moeilik dit is om buitelanders aan te stel. Hiervoor is Namibië se punt 38,5% en lê die land 128ste.

Sake-onvriendelik

Namibië se sakedinamika beklee die 116de plek met ‘n punt van 51%.

Deel van dié sub-indeks is administratiewe vereistes rakende sake doen in die land. Hier lê Namibië 126ste, veral weens die tyd wat dit neem om ‘n besigheid in die land op die been te bring. Hier moes Namibië met 135ste plek tevrede wees – een van die ses lande wat die vrotste gedoen het.

Die land se punt vir die finansiering van ondernemings van klein- en mediumgrootte (SME’s) is 42%. Dit plaas Namibië 102de.

Skuld

Die regering se skuldlas het Namibië sewe plekke op die ranglys laat val. In die 109de posisie is Namibië nou een van 32 lande met die ergste skuld-tot-BBP verhouding.

Verlede jaar kon die land met 27ste plek rakende begrotingsdeursigtigheid spog. In die jongste indeks het na die 45ste posisie geval.

Namibië het ook getuimel wat die regulering van belangekonflik betref. Nou lê dit 85ste, 20 plekke laer as in 2018.

Die vertoning van Namibië se staatsdiensektor het 48%, wat die land 85ste plaas.

Die land het effe verbeter met die gehalte van grondadministrasie, maar lê steeds 108ste teenoor 110de verlede jaar. Eiendomsregte het van 31 na 38 teruggesak.

Algehele vertoning

Die WEF se 2019-indeks is op 12 pilare geskoei wat wissel van infrastruktuur en makro-ekonomiese stabiliteit tot sakedinamika en die finansiële stelsel. Namibië se algehele punt 54,5% vergeleke met 52,7% in 2018.

Dit beteken Namibië word as die 94ste mees mededingende ekonomie uit 141 beskou. Verlede jaar was die land 100ste uit 140.

Singapoer, met ‘n algehele punt van 84,8%, beklee die topposisie op die WEF-indeks. Tsjad, met 35%, is heel onder.

[email protected]

Soortgelyk

 

Kauhaie wins the crown

6 ure gelede | Skole

Irene-Mari van der Walt Swakopmund • [email protected] the cancellation of the Mr Teen Swakopmund 2020, the Miss Teen Swakopmund 2020 pageant went ahead at...

Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek

6 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.So sê...

World Tourism Day

6 ure gelede | Mense

Michael ShagandjwaThe country should establish more unique heritage attractions that reflect our country’s background. Create an interesting image with reservations that are worth viewing and...

WAP wen Bakpro-kompetisie

6 ure gelede | Onderwys

Windhoek Afrikaanse Privaatskool was die wenners van die Bakpro Back-to-School-kompetisie. Die skool het 14 413 broodsakkies ingesamel en was die wenners van rekenaars en projektors...

Unam students appeal against traditional exams

6 ure gelede | Onderwys

ENZO AMUELEStudents at the University of Namibia (Unam) are in a bitter contest against the writing of traditional examinations.The university recently issued a circular about...

Lower grades back at school

6 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw Grade four, five and six learners were welcomed back at school on last week. The government schools have opted to divide the children...

Star Teacher of the Week

6 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw This week, the My Zone Star Teacher of the Week is Mrs Veneza Memory Rheeder. She has been a teacher since 2003 and...

Westside High represented on local town council

6 ure gelede | Skole

Jhanré PretoriusA brand new Swakopmund Junior Town Council for the year 2020-2021 was inaugurated in August. Two of the 15 members are from Westside High...

The last race is the hardest race

6 ure gelede | Onderwys

A personal accountJOSEFINA ANKONGA The year started smoothly, back then when everything was still normal. We went to school on a daily basis, we...