Syfers wys voortgesette afname in nuwe gevalle van Covid-19
Syfers wys voortgesette afname in nuwe gevalle van Covid-19

Syfers wys voortgesette afname in nuwe gevalle van Covid-19

Dani Booysen
Namibië se gemiddeld vir nuwe gevalle van Covid-19 per dag was Donderdag op 162 die laagste in 27 dae.
Gevalle by skole in die land was ‘n hoofoorsaak van ‘n hernude toename ná die tweede golf van infeksies, maar week tot week toon sulke gevalle ook ‘n afname.
Die laaste sewe dae het 388 skoliere positief getoets teen ‘n gemiddeld van 55 per dag. Die daaglikse gemiddeld onder skoliere vir die twee sewedagsiklusse voor dit was 68 en 93.
Ons kaart wys die distrikte wat tans gemiddeld vyf of meer nuwe gevalle per dag aanteken en afnames of toenames in die gemiddeld teenoor die vorige dag (Woensdag).
Sterftes in Februarie het sedert onlangse aankondigings met twee tot 76 toegeneem, teen 2,7 per dag as maandelikse gemiddeld.
In Maart het 24 mense dusver volgens owerhede aan Covid-19 of verwante oorsake gesterf. Die gemiddeld vir die nuwe maand is dusver 2,2 sterftes per dag. Op 2 Maart het sewe persone gesterf.

TOETSE
4-10 Maart 2021: 9 893 (gemiddeld 1 413/dag)
Hertoetse: 62
25 Februarie – 3 Maart 2021: 9 762 (gemiddeld 1 395/dag)
Hertoetse: 54

GESONDHEIDSWERKERS
Nuwe gevalle afgelope sewe dae: 56 (gemiddeld 8/dag)
Vorige sewedaesiklus: 30 (4/dag)

KWARANTYN
In amptelike kwarantyngeriewe per streek op 10 Maart 2021:
Oshikoto 734, Omaheke 251, Kunene 172, Khomas 157, //Kharas 123 (reeds 37 dae), Ohangwena 46, Hardap 40, Kavango 24, Erongo 22, Otjozondjupa 15, Zambezi 11, Omusati 2, Oshana 1 (16 dae)

AKTIEWE GEVALLE PER STREEK OP 11 MAART 2021
Erongo 217
Hardap 70
Kavango-Oos 256
Kavango-Wes 6
//Kharas 89
Khomas 367
Kunene 8
Ohangwena 179
Omaheke 100
Omusati 74
Oshana 229
Oshikoto 89
Otjozondjupa 172
Zambezi 273

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer