Swemmer nou Zim se minister van sport
Pres. Emmerson Mnangagwas het verras met Kirsty Coventry se aanstelling.
Sy hou die rekord vir die meeste Olimpiese medaljes van enige deelnemer uit Afrika. En nou sluit Zimbabwe se Kirsty Coventry haar aan by slegs ’n handvol Olimpiese medaljewenners wat ook die minister van sport in hul tuisland word.
Die 34-jarige Coventry is Vrydag as Zimbabwe se nuwe minister van jeug, sport, kuns en ontspanning aangewys.
Coventry, wat nog in 2016 aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro deelgeneem het, is tans ook ’n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se uitvoerende raad en is adjunkpresident van Zimbabwe se Olimpiese Komitee. Sy is ook voorsitter van die IOK se atletekommissie.
Pres. Emmerson Mnangagwa, wat in Julie die Zimbabwiese presidentsverkiesing gewen het, het Vrydag verras met Coventry se aanstelling.
Coventry het ’n goue medalje gewen in die 200 m-rugslag by die Olimpiese Spele in 2004 en 2008 en spog ook met vier silwer- en een bronsmedaljes. Haar sewe medaljes is die meeste deur enige Olimpiese deelnemer van Afrika. Coventry het ná 2016 se Olimpiese Spele uitgetree.
Haar nuwe pos bied verskeie uitdagings, met twee van Zimbabwe se gewildste sportsoorte, krieket en sokker, wie se beheerliggame albei finansieel in die knyp is ná jare se bedrog en wanadministrasie.
Coventry is reeds bekend vir haar liefdadigheidswerk en verskaf deur haar Kirsty Coventry Academy bekostigbare swemlesse aan minderbevoorregtes oral in Afrika. Toe Coventry in 2008 sowat US$100 000 by oudpres. Robert Mugabe gekry het nadat sy vier medaljes op die Beijing-spele gewen het, het sy die meeste van dié geld vir liefdadigheid geskenk. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie