Swem, Jannie, swem!
Terwyl ons nou diep in Januarie is, verkies ek om terug te dink aan Desember toe ek verseker gelukkiger en met verlof was (en ook nog nie die paar ekstra kilo’s van Kersfees se etes gevoel het nie).
Soos die meeste van Windhoek se inwoners het ons na die kus se koel seelug ontvlug, want tot my warm het begin warm kry.
Hoewel dit sonder twyfel die lekkerste tyd was, het ek ook nuwe giere opgetel wat ek nie seker is waar dit begin het nie, maar ek hoop van harte dit duur nie voort nie.
In die algemeen is ek beslis nie skaam nie, maar ek verkies dit steeds om my kleredrag só te kies dat ek nie noodwendig alles vir mense wys nie. Indien ek moet aantrek, verkies ek om dit darem tussen vier mure te doen.
Ek voel so sterk oor die aspek van verklee in ’n veilige omgewing dat ek selfs die porta-potty aangedurf het om my swembroek aan te trek.
Ek het in ten minste sewe soorte aansteeklike siektes getrap, amper omgekap van my asem ophou en drie maal amper-amper gegly en in daai ding ingeval (want om my in die beperkte ruimte van die badkamer te sit, is so ’n bietjie soos ’n bul in ’n winkel vol glas).
Nadat ek amper drie spiere gerek het, is ek, gewapen met my sambreeltjie, koelboksie, leesboek en hoedjie, met mening op pad strand toe.
Ek sit heel rustig en kyk na die mense toe ek amper aan my “ham-en-snaaks”-broodjie verstik, want ek kan nie my oë glo nie.
Hier staan twee vrouens, so tussen die rotse, en besluit om net daar hul klere uit te trek. Soos in ál hulle klere.
Ek wou nog wegkyk toe ek besef dít is wat hulle doen, maar voor ek my kon kry, sien ek baie meer as wat ek van plan was om te sien. Daar staan hulle in hul Eva-pakkies met net hul oorgrote sonhoedens en sonbrille op.
Met al die selfvertroue in die wêreld is hulle besig om hul swemklere aan te trek. Net daar. Voor almal.
Ek is net besig om te herstel van die eskapades toe ek op die strand sien hier kom groot moeilikheid. ’n Groep mense staan gereed om die branders in te vaar, maar die volgende oomblik val van hulle soos een man op die strand neer. Hulle lê op hul mae en beweeg hul arms kompleet soos iemand wat swem – net sonder die water.
Ek wil nog opspring en myself lewensredder probeer hou, maar toe besef ek dit is opsetlik. Soos ek kyk, besef ek nóg mense op die strand doen dit.
Hulle lê net daar en wag die branders in, wat hulle letterlik deurmekaar en uitmekaar slaan, maar lê, lê hulle. Ek is seker al die sand van Duin 7 is al in hul swembroeke opgegaar, maar dit keer niemand nie. Hulle rol soos vissies rond op die strand, en elke keer wat die brander se krag hulle bietjie te naby die water intrek, rol hulle vorentoe toe, sodat hulle net-net buite die water se bereik is. En dan “swem” Jannie verder so op die grond.
So tussen Kaal Karen en Vissie Faan is ek nie seker waar ek moet kyk nie. Ek weet nie waar hierdie giere vandaan kom nie, maar ek hoop van harte dis nie hier om te bly nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie