Swartbooi ontken Aus word afgeskeep
Nedersetting ''is vuil en swak beplan''
Catherine Sasman
Die uitgaande goewerneur van die //Karasstreek, mnr. Clinton Swartbooi, het verlede week heftig ontken dat sy kantoor min aandag aan Aus, die nedersetting tussen Keetmanshoop en Lüderitz, skenk. Ontevrede inwoners kla dat Swartbooi nooit enige gehoor aan hul versoeke vir vergaderings met hom gegee het nie. Hulle het ook gekla oor 'n algehele gebrek aan ontwikkeling op die nedersetting, rioolpype wat reeds twee jaar gelede gelê is en nog nie gekoppel is nie, 'n gebrek aan kragpunte op boorgate, dat die plek vuil is en erwe op 'n lukrake wyse uitgedeel word.
"Wat sou dit behels om Aus te ontwikkel?" het 'n voormalige inwoner gevra wat verkies om anoniem te bly. "Daar was reeds verskeie slypskole vir die inwoners gehou en beloftes is gemaak dat die dorpsgronde ontwikkel sou word. Niks het egter hiervan gekom nie."Dié persoon beweer daar is sedert 1972 geen nuwe huise op Aus gebou nie, en sê dit wil ook voorkom asof "net buitelanders weer baat gaan vind" met die ontwikkeling van die Tsau //Khaeb nasionale park, voorheen as die Sperrgebiet bekend.Ter verdediging het Swartbooi gesê hy moes baklei sodat die opknapping van die spoorlyn deur Aus gedoen moet word, aangesien daar 'n poging was om eerder die Tsumeb-Kranzberg-spoorlyn te ontwikkel.
Hy sê hy het ook die toeristedorpie probeer bevorder deur kultuurfeeste daarheen te bring, dat rioolwerke gedoen word en erwe gediens word. Swartbooi erken egter dat die koppeling van die rioolpype vertraag is omdat die tendertoekenning vir die werk betwis was. Hy het ook gesê die Aus-toeristesentrum het agteruitgegaan weens gedurige struwelinge onder die Garub-Koichab-konsessiehouers. Terwyl Swartbooi erken dat dienste verbeter moet word, sê hy die lykshuis en polisiebarakke wat nou daar opgerig word, is 'n aanduiding dat aandag wel aan dienslewering geskenk word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie