Swartbooi in parlement oor vingers getik
Die voormalige adjunkminister van grondhervroming, mnr. Bernadus Swartbooi, moes vanmiddag (Woensdag) in die parlement ‘n uitlating dat die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, “’n idioot is”, ná ‘n teregwysing deur die Speaker terugtrek.
Nujoma was besig om ‘n ministeriële verklaring oor grondhervorming te lewer toe die DTA-leier, mnr. McHenry Venaani, hom onderbreek het om te sê dit moet wag tot ná die beplande Grondkonferensie. Dit was toe dat Swartbooi sy uitlating gemaak het.
Swartbooi het toe hy sy opmerking terugtrek, volgehou dat hy by sy standpunt bly, maar dit ter wille van respek vir die parlement herroep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie