Swartbooi: Geen grond, geen stem
Die Landless People's Movement sê politieke partye moet bewys hulle ondersteun gemeenskappe.
Catherine Sasman - Enkele dae ná sy vertrek uit die Swapo-party het die uitgeskopte lid van die parlement, mnr. Bernadus Swartbooi, aan inwoners van Grootfontein se Blikkiesdorp en Leonardsheuwel gesê om nie vir enige politieke party in 2019 te stem as hulle nie kan bewys hulle het hul beloftes van grondhervorming nagekom nie.
“Mense moet versigtig wees vir wie hulle stem. Dit is mense wat nie grond het nie wat besluit wie hulle regeer," het Swartbooi gesê.
Hy veg onverpoos voort vir onder meer voorvaderlike grondregte onder die vaandel van die Landless People’s Movement (LPM).
Swartbooi sê politieke partye sal nie toegelaat word om mense weer "vals hoop" te gee indien hulle nie kan bewys wat hulle vir die gemeenskap gedoen het nie.
Honderde mense, insluitende 'n groot aantal kinders, het die openbare vergadering die afgelope Saterdag by Blikkiesdorp bygewoon. 'n Paar polisiebeamptes het die verrigtinge van die kantlyn af dopgehou.
Die LPM het die byeenkoms georganiseer om sy eise vir die gelyke verdeling van stedelike- en plaasgrond weer te benadruk.
Die groep het bevestig dat hulle nie 'n politieke party is nie, maar 'n beweging wat gemeenskapsbelange bevorder.
'n LPM-aktivis wou tydens die byeenkoms ’n Swapo-serp verbrand, maar hy is gou daarop gewys dat gemeenskapsake nie met partypolitiek verwar moet word nie.
Mnr. Petrus Ukongo, Khorixas se tradisionele hoof, is as LPM-aktivis voorgestel en het gesê die stryd om onafhanklikheid gaan oor stedelike en landelike grond, asook om voldoende behuising.
Maar in stede hiervan is grond die afgelope 27 jaar toegeken aan diegene met politieke bande, asook aan "vreemdelinge en buitelanders", terwyl plaaslike gemeenskappe nie hierby ingesluit is nie, het Ukongo gesê.
'SKANDE EN TELEURSTELLING'
Swartbooi het gesê Namibië se "swart regering" behoort hulself te skaam omdat hulle nie hul verskiesingsbeloftes nagekom het nie.
“Basiese beloftes soos ordentlike behuising en toegang tot grond is nie nagekom nie. Dit is 'n skande en ’n teleurstelling,” het Swartbooi gesê.
Hy het gesê terwyl die Duitse en apartheidregimes die Duitsers en Afrikaners van “melk en heuning” voorsien het, het die Swapo-regering net gesorg vir die wat vir hom van belang is.
"Wat het in die gedagtes, harte en siele van die swartes gebeur vir wie ons gestem het? Swartmense is vandag slegter af as tydens apartheid," het Swartbooi gesê.
'UITVERKOOP'
"Wat gebeur het, is dat ons almal in 1991 grond verloor het en uitverkoop is," het hy gesê.
"Mense het egter hoop gehad, want vir die eerste keer in 100 jaar is ons deur ons eie mense gelei. Ons het hulle vertrou en was bereid om vir hulle tyd te gee, maar niks het in 27 jaar gebeur nie en niks sal ooit gebeur met hierdie regering nie."
Swartbooi het die regerende party daarvan beskuldig dat hy van 1995 af waansinniglik 'n selfverrykingsveldtog gevolg het wat sedertdien deur groot verkiesingsoorwinnings aangemoedig is.
"Hulle het begin wegvreet aan die toekoms van ons kinders en die toename in korrupsie het onkeerbaar geword.
"Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het nie gehelp nie. Dit is gestig om klein vissies te vang en nie om diegene te stop wat die land bankrot maak nie.”
Hy verwerp beweringe dat eise vir voorvaderlike grond 'n manier is om uit te vaar teen die Aawambo. Hy sê grond in die noordelike deel van die land moet ontwikkel word onder 'n grondhervormingsprogram vir landbou sodat daar nie van diegene "gesteel" word wat nog nie hul grond teruggekry het nie.
"Is dit stamgebonde om na jou grond terug te keer? Is dit stamgebonde om ordentlike behuising te eis? Wat van die feit dat daar mense is wat nog nog nooit enige grond verloor het nie? Gee die grond terug aan dié wat dit verloor het," het Swartbooi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie