Swart Vrydag vs. Kuber-Maandag
Die immergewilde Swart Vrydag vind eerskomende Vrydag plaas en elke ywerige koper gaan op die uitkyk wees vir reuse- spesiale aanbiedinge en hul voorberei op die grootste winskopies van die jaar.
Daar is egter nog 'n dag wat te midde van al die inkopiewaansin opgeduik het: Kuber-Maandag.
So, wat is Kuber-Maandag en hoekom moet ons daaraan aandag gee?
Kuber-Maandag vind op die eerste Maandag ná Swart Vrydag plaas (met ander woorde, die eerste Maandag na Dankseggingsdag in Amerika) en dit is die beste tyd om aanlyn winskopies uit te snuffel. Dit was 'n dag wat deur kleinhandelaars geskep is om mense aan te moedig om aanlyn te koop.
Die Nasionale Kleinhandelfederasie het hierdie bemarkingsterm op 28 November 2005 begin gebruik in 'n mediaverklaring van shop.org wat verduidelik het Kuber-Maandag was vinnig besig om een van die grootste aanlyn inkopiedae van die jaar te word.
Daar is nie ’n beter manier om tuis te bly, die lang toue in die winkels te vermy en steeds die beste winskopies te kry nie.
Maar watter een is die beste opsie: Swart Vrydag of Kuber Maandag?
Volgens Business Insider is Swart Vrydag 'n beter tyd om groot items te koop, terwyl Kuber-Maandag beter is vir tegnologiese winskopies en kleiner geskenke te koop. Jy sal ook beter spesiale aanbiedinge aanlyn teëkom.
Volgens Adobe Analytics het Kuber-Maandag se transaksies in 2019 US$3,1 miljard beloop, met 'n rekord aanlyn verkope van US$9,4 miljard.
Vanjaar vind Kuber-Maandag op 30 November plaas en as jy van plan is om hierdie inkopiedag te benut, kan jy altyd jou gunstelinghandelaars op sosialemediaplatforms volg om op hoogte te bly van spesiale aanbiedinge. Jy kan selfs 'n app – wat pryse vergelyk, gebruik om te sien watter kleinhandelaars die beste pryse op die groot inkopiedag aanbied.
Die belangrikste aspek van Swart Vrydag of Kuber-Maandag is om altyd binne jou begroting te probeer bly en om versigtig te wees vir kredietkaart- en identiteitsbedrog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie