Swart Desember vir Namibiu00eb
Swart Desember vir Namibiu00eb

Swart Desember vir Namibië

Hoewel die aantal ongelukke vir ’n gedeelte van die feesseisoen afgeneem het, is meer mense op die land se paaie dood.
Denver Kisting
Denver Kisting – In Desember 2019 alleen is 26 mense in die land vermoor, terwyl dieselfde getal pogings tot moord by die owerhede aangemeld is.

Die Namibiese polisie sê by monde van die nasionale woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi: “Dit is teleurstellend dat misdaad selfs tydens vakansies, wanneer mense rus en vrede moet geniet, voortduur.”

Sy sê 39 verkragtings is verlede maand aangemeld.

Die aantal klagte van huisbraak en diefstal wat by die polisie vir Desember 2019 aanhangig gemaak is, staan op 43, het Shikwambi aan Republikein gesê.

Altesaam 32 gevalle van die besit van en handel in gewoontevormende dwelmmiddels is verlede maand onder die polisie se aandag gevestig, lui statistiek wat Shikwambi verskaf het.

Sy sê 31 mense het in Desember 2019 hul eie lewens geneem, terwyl 22 mense weens verdrinking dood is.

Negentien voorvalle van gewapende roof is verlede maande aangemeld, terwyl 13 klagte van diefstal by die polisie aanhangig gemaak is, sê sy.

Volgens haar is vyf mense in Desember noodlottig deur weerlig getref.

“Soos mense van hul bestemmings terugkeer, sal die paaie na verwagting besig wees. Derhalwe doen ons ’n beroep op bestuurders om vroeg te ry, geduldig te wees en, baie belangrik, op alle padgebruikers om by die padreëls en -regulasies te hou,” sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer