Swapo-vroueliga kies leiers
Die Swapo-vroueliga het op 14 Januarie tydens 'n vergadering van die sentrale komitee, 15 komiteelede gekies.
Die sekretaris van die Swapo-vroueliga, me. Eunice Iipinge, het verlede week Donderdag op 'n nuuskonferensie gesê eenheid is belangrik vir die party se strategiese posisionering, en het die name van die uitvoerende komiteelede bekend gemaak.
Hulle is mee. Pendukeni Iivula-Ithana, Netumbo Nandi-Ndaitwah, Loide Kasingo, Rosalia Nghidinwa, Kornelia Shilunga, Adelheid Damases, Katrina Liswani, Agnes Pelekelo, Petrina Haingura, Emilia Amupewa, Tonata Shipena, Victoria Kauma en Rebekka Iitembu.
By dieselfde geleentheid is die assistentsekretarisse van die verskeie afdelings aangewys: Nghidinwa (finansies en projekbestuur); Shilunga (navorsing, inligting en programme); Liswani (buitelandse sake); Iitembu (familie- en kinderwelsyn); Amupewa (regsaangeleenthede) en Shipena (organisasie en mobilisasie).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie