Swapo voel Mukwiilongo se dood
Augetto Graig
Die nuus oor mnr. Leonard Nangolo Mukwiilongo (92) se afsterwe op 25 Mei by Ongwediva Medipark word deur politici betreur.
Hulle is verleë oor die manier waarop hy te sterwe gekom het, het sekretaris-generaal Nangolo Mbumba, Swapo se amptelike woordvoerder, gesê.
Mukwiilongo is vroeër deur ses rowers by sy huis aangeval, gemartel en aangerand.
Hy was 'n senior lid van Swapo en die eerste goewerneur van die Omusatistreek. Die politburo het 'n oomblik van stilte vir hom gehou, het Mbumba gesê toe hy dié week verslag gedoen het oor Swapo se politburo-ontmoeting op 30 Mei.
Omdat Mukwiilongo se begrafnis Saterdag plaasgevind het, sal die sentrale komitee-byeenkoms na 10 Junie uitgestel word.
“Swapo veroordeel die barbaarse aksies van misdadigers ten sterkste. Swapo doen 'n beroep op die toepaslike regeringsinstansies om te verseker die skuldiges in dié saak en ander sake word aan die kaak gestel,” het Mbumba gesê.
“Ons veroordeel natuurlik alle misdaad. Verkragting is byvoorbeeld nie net 'n fisieke besering nie, maar ook geestelik. Dit vernietig 'n deel van die nasie. Stropery is ook ekonomiese sabotasie van ons nalatenskap, wat almal se eiendom is,” het hy gesê.
“Selfs bedrog en witboordjiemisdaad vernietig ons,” het hy gesê.
Swapo se politburo het ook besluit om die uitslag van die onlangse Grootfontein-distrikskonferensie van 21 Mei te onderskryf, en het 'n komitee onder leiding van Mbumba opdrag gegee om 'n vreedsame oplossing vir deurlopende geskille in die jeugliga (Spyl) te vind.
President Hage Geingob het volgens Mbumba lede aangemoedig om toegewy te bly aan die gees van eenheid.
Hy het gesê die vergadering het die vordering van voorbereiding op die komende kongres bespreek en het al die streeksstrukture daaraan herinner om te verseker dat die hernuwing van leiers se mandate vroegtydig voltooi word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie