Swapo se Sophia sê oor rasherrie

Die sekretaris-generaal het in 'n verklaring vir pres. Hage Geingob in die bresse getree.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die sekretaris-generaal van Swapo, me. Sophia Sha­ningwa, voer in 'n verklaring aan die regerende party dra die belange van álle Namibiërs op die hart – ongeag ras, klas of geloofsoortuiging.

Dít kom nadat pres. Hage Geingob, Swapo se president en die staatshoof, in die spervuur beland het toe hy die afgelope naweek teen wit mense ­uitgevaar het wat glo nie die vrede en bestendigheid in die land koester nie.

Shaningwa sê Geingob het sedert onafhanklikwording meer as sy kant gebring wat nasiebou, insluiting en nasionale versoening betref.

“Kameraad Geingob het geveg vir die vryheid en demokrasie, wat ons tot vandag geniet. Kameraad Geingob is 'n vredemaker en 'n leier wat nog altyd demokratiese debatvoering en eenheid van Namibiërs gelei het.”

Shaningwa het ook houe gemik in die rigting van die land se politieke opposisie.

“Ons kan nie lesse ontvang van politieke partye, soos die Democratic Turnhalle Alliance (DTA)/Popular Democratic Movement (PDM) nie, wat gehelp het met die onderdrukking, ongeregtigheid en bekladding van swart mense – deur saam te span met die onwettige apartheidsregering.”

Geingob het Saterdagoggend tydens die bekendstelling van Swapo se verkiesingsveldtog onder meer gesê: “Ons het gesien wit mense wat in groot getalle registreer. Ek het dít nog nooit so gesien nie. En hulle't gesê: 'Enigiets behalwe Swapo.' Ek het daarvan kennis geneem en ek sal dit nie vergeet nie.

“Mense wat oorlog verklaar teen Swapo – Swapo wat gesorg het dat hulle vrede en eenheid geniet; gemak geniet (wat) oorlog verklaar teen Swapo. Ek het julle gehoor.”

Oor die bohaai sê Shaningwa: “Dieselfde energie wat ons probeer mors op hierdie nie-kwessie is dieselfde energie waarmee ons ons moet uitspreek teen ongelykheid en alle vorme van ongeregtighede teen die swart meerderheid, wat veroorsaak is deur 'n eeu van koloniale onderdrukking en apartheid.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.49 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 309.83/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0135 | Zinc US$ 2 872.00/T DOWN -2.78% | Brent Crude Oil US$ 82.90/BBP DOWN -0.0077 | Platinum US$ 963.07/OZ DOWN -0.0159 #N/A