Swapo nié korrup, individue dalk wel, sê Sophia Shaningwa
Die sekretaris-generaal van Swapo het beskuldigings van korrupsie en plundering van staatshulpbronne veroordeel.
Kenya Kambowe op Rundu – Die sekretaris-generaal van Swapo, me. Sophia Shaningwa, het beskuldigings wat na bewering deur hul politieke opposisie versprei word dat die Swapo-geleide regering vir korrupsie en plundering van staatshulpbronne verantwoordelik is, veroordeel.
Sy het erken mense wat aan die party verbonde is, kan miskien by korrupte aktiwiteite vir selfverryking betrokke wees wat nie tot voordeel of in opdrag van die party nie.
Sy sê Swapo het nog altyd en sal aanhou veg teen korrupsie, en diegene wat daarby betrokke is, sal gestraf word.
Sy het dié opmerkings tydens 'n Swapo-minibyeenkoms in Rundu se Kaisosi-nedersetting gemaak voor die streek- en plaaslike owerheidsverkiesing wat op 25 November plaasvind.
Ongeveer 400 Swapo-ondersteuners het die geleentheid bygewoon.
“Die regering onder leiding van Swapo bly toegewyd en sal steeds korrupsie beveg," het Shaningwa gesê.
“Swapo se politieke opposisie sê altyd ons party en ons regering is korrup. Swapo en die regering is níé korrup níé. Wie wel moontlik korrup is, is individue. As 'n individu hom skuldig maak aan korrupsie, sal die wet sy gang gaan.
“Ons moet met korrupte mense afreken. As die sekretaris-generaal korrup is, moet daar met die sekretaris-generaal afgereken word, maar moenie sê die hele Swapo is korrup nie.
“Moenie verwar word deur mense wat julle wil oortuig om die party sonder rede te haat nie,” het sy gesê.
Shaningwa se opmerkings oor Swapo se hantering van korrupsie kom op 'n tydstip waarop die regerende party nie veel lof van hul politieke teenstanders en die publiek geniet nie. Dit, omdat hulle opgemerk het hoe jong en senior lede van die party, insluitend kabinetslede, oor die jare van korrupsie beskuldig is.
Afgesien van die Swapo-lede wat van die plundering van staatshulpbronne beskuldig word, sal twee voormalige ministers, mnre. Sacky Shanghala en Bernhard Esau, saam met ander beskuldigdes later vandeesmaand reeds een jaar in aanhouding wees weens hul beweerde betrokkenheid by die Fishrot-skandaal.
Swapo het na bewering by die Fishrot-sage gebaat, alhoewel die party hewig ontken dat hy 'n direkte begunstigde van die opbrengste van die misdaad was.
Die Fishrot-ondersoek duur voort.
ONTWIKKELING
Shaningwa het ook die geleentheid gebruik om die opvatting sterk te veroordeel dat die regering – onder leiding van Swapo – nog niks gedoen het sedert die land 30 jaar gelede van sy onderdrukkers bevry is nie.
Sy het diegene wat die gerugte versprei daarvan beskuldig dat hulle jaloers en gretig is om die regerende party te onttroon.
“Vandag sê hulle in 30 jaar van die land se geskiedenis het nog niks gebeur nie. Waarom is ons jaloers?” het Shaningwa opgemerk.
“Hoekom praat ons nie die waarheid nie? Hoekom waardeer ons nie? Ja, ek verstaan dit is politiek, maar hoekom ignoreer ons die waarheid?
“Laat ons saamstem dat iets gebeur het en laat ons besef die regering – wat deur Swapo gelei word – het ontwikkeling gebring. Hier is markte, ons mense kry werk; hier is skole en tersiêre instellings, ons kinders word opgevoed.
“Tog sê jy vir my niks het gebeur nie; wat 'n jammerte dat jy nie kan sien nie.
“Toe ons uit ballingskap teruggekeer het, het mense net N$30 ontvang en vandag ontvang ons bejaardes N$1 300 per maand.
“Jy sê nog steeds Swapo word deur hartelose mense bestuur. Wie het 'n hart as dit nie die leiers van Swapo is nie?
“Swapo het sy bes gedoen en ja, ons het nie alles gedoen nie en daarom praat ons van ontwikkeling; dit is 'n proses. Jy sal kom en gaan, maar ontwikkeling sal altyd vir die vooruitgang van die wêreld nodig wees.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie