Swapo-masjien begin sy Harambee
Die party het sy beamptes opdrag gegee om voor einde November, of die laatste teen 16 Desember, verkiesings te hou.
Augetto Graig - Die Swapo-party het die naweek sy sekretaris vir inligting en mobilisering, mnr. Helmut Angula, gestuur na sy die oudste tak in Windhoek, Sam Nujoma nr. 1, om lede by die Harambee-welvaartplan betrokke te kry.
Dit volg ná die onlangse Swapo-beleidskonferensie waar die party se distriks- en streekleiers, lede van die parlement en leiers van susterorganisasies in hul honderde van oral in Windhoek byeen gekom het.
Angula het lede aangemoedig om te verseker verkiesings vir die beplande herstrukturering van die organisasie word vóór einde November, of op die laatste teen 16 Desember, afgehandel. “Ons kan nie meer voeteslepery duld nie. Dit is afbrekend vir die nalatenskap van die party en dit kweek faksievorming,” het hy gesê.
Elke lid kan die toepassing van die Swapo-grondwet eis, asook die uitvoering van partybesluite, het hy verder gesê.
“Eerstens kom ons kom bymekaar en vat hande,” het Angula gesê voor hy die groep Swapo-amptenare en -ondersteuners in ’n vryheidslied met die woorde “laat ons saamstaan in die naam van Namibië” gelei het.
Angula was veral bly oor die teenwoordigheid van die media om sy boodskap van eenheid vinniger te help versprei. “Ek is gevra om oor eenheid te praat, veral met die partyvleuels en hoe hulle die partymasjien kan versterk,” het hy gesê. “Ons sien en let op wat in die wêreld gebeur; ver geleë en hier om ons. Wat elders in die wêreld gebeur, kan ook hier gebeur en daar is baie gebeurtenisse wat vernietigend is.
"Kyk die voortslepende oorlog in die Midde-Ooste - ''n aaklige situasie. In Irak, die geskiedkundige Babilon waar skrif ontstaan het. Vandag is dit ''n plek waar lewe so goedkoop is soos om vuurhoutjies te koop. Daar is net dood en verwoesting omdat hulle nie eenheid handhaaf nie. Van hulle het buitelandse magte gevra om hulle leier te kom doodmaak.
"Kyk na Sirië. En dit omdat van hul burgers buitelandse magte gevra het om hul regering te kom omverwerp. Libië was die land met die hoogste lewenstandaard in Afrika, maar nou word dit oorheers deur stamgebonde juntas en moord en verwoesting is aan die orde van die dag,” het Angula gesê.
Die onmin is oral, sê hy. “Selfs ons bure respekteer nie hul eie leier nie, hulle beledig hom elke dag. Ons is bang dat net slegte goed daarvan kan kom. Hierin is ''n les vir ons almal oor eenheid. Eenheid kan nie van buite kom nie, dit begin by die familie, van daar na die die nedersetting, na die dorpe, na die streke en dan na die stede.
“So lank soos ons lewe sal daar altyd uitdagings wees. Ons kan verskil van mekaar, maar as ons ''n besluit neem, moet ons saamstem om daarmee te lewe en die uitslag van ''n besluit wat demokraties geneem is, te respekteer,” het Angula gesê. Hy het lede herinner dat sonder eenheid, die party nie ’n oorwinning op die slagveld sou behaal het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie