Swapo-jeugliga onder skoot
Die regerende party se jeug word van papbroekigheid beskuldig.
Denver Kisting
Die Swapo-jeugliga is in die spervuur omdat hy laat Maandag onder druk deur Staatshuis geswig het en aan 'n massabetoging onttrek het.
Die grootste kritiek teen die jeugliga kom in dié stadium uit die geledere van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) onder leiding van mnr. Job Amupanda.
Maar, het mnr. Ephraim Nekongo, die sekretaris-generaal van die jeugliga, Maandagaand gesê, hul deelname aan gister se betoging sou nutteloos wees omdat hulle reeds met die Swapo-grootkoppe vergader het.
Nekongo en 'n senior jeugliga-afvaardiging het Maandagmiddag vir langer as twee uur agter geslote deure met pres. Hage Geingob en eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vergader.
Nekongo het gesê dié mense was in hul visier wat die optog betref.
Na afloop van die samesprekings het Nekongo aan die media gesê die indruk is dat Namibië Chinese burgers in diens moet neem vir groot projekte weens die lenings wat dié moondheid aan die land toestaan.
Volgens hom is die regerende party se jeugliga gekant daarteen.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, en sy uitvoerende direkteur, me. Ericah Shafudah, asook mnr. John Mutorwa, die minister van werke en vervoer, was ook by die vergadering by Staatshuis teenwoordig.
Kuugongelwa-Amadhila wou nie veel sê ná die vergadering nie behalwe dat dit belangrik was.
Nekongo het Maandagaand aangekondig die jeugliga sou nie meer gister saam toitoi nie.
Intussen het die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkersunie (Manwu), wat wel gister betoog het, in 'n verklaring te velde getrek teen die gedrag van buitelandse kontrakteurs.
Manwu dring aan op die onmiddellike kansellasie van die tender om die pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te verbeter.
Volgens hom stel buitelandse kontrakteurs Namibiese werkers bloot aan onveilige werksomstandighede en onderbetaling, en word maatskaplike voorsorgmaatreëls en wetgewing oor regstellende aksie verontagsaam.
Sommige werknemers gaan glo ook gebuk onder seksuele teistering aan die hand van die buitelanders, lui die verklaring.
Die vakbond beskuldig voorts die Namibiese regering daarvan dat hy werknemers se toekoms opmors “en dié van die volgende generasie. Ons regering verryk ander lande sonder om die nasionale belange te verdedig.”
Manwu het die owerhede tot volgende week kans gegee om op hul griewe te reageer.
Die Chinese ambassade het gistermiddag by monde van sy woordvoerder, mnr. Feng Deheng, teen die beweerde valse aantygings teen Chinese maatskappye kapsie gemaak.
Volgens hom is dit onwaar dat net maatskappye uit dié land vir groot bouprojekte gekortlys word.
Hiernaas, sê Deheng, Chinese maatskappye het sedert 2016 meer as 11 000 werksgeleenthede geskep, U$34 miljoen (sowat N$484,16 miljoen teen gister se wisselkoers) die land ingebring as buitelandse direkte beleggings en meer as N$250 miljoen se belasting aan die Namibiese regering betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie