Swanger vrou sterf toe motor deur versperring bars
Swanger vrou sterf toe motor deur versperring bars

Swanger vrou sterf toe motor deur versperring bars

Ronelle Rademeyer
’n Swanger vrou is Saterdagaand omstreeks 22:15 dood toe die voertuig waarin sy saam met haar man en hul eenjarige kind gereis het, op ’n brug 10 km buite Okahandja deur die chevron-versperring gebars het.
Die impak waarteen hul luikrugvoertuig die versperring getref het, was so fel dat dié metaalreling dwarsdeur die voertuig gesteek het, toon foto's wat op die WhatsApp-groep Namibia Umbrella Ops gedeel is.
Die 29-jarige me. Julia Haikuti is in die proses van die voorste passasiersitplek tot agter in die voertuig gedruk.
Die pad was geruime tyd vir verkeer uit die rigting van Windhoek sowel as Okahandja gesluit terwyl die toneel opgeruim is.
Die polisie sê in sy misdaadverslag die ondersoek na wat gebeur het, duur voort.

Foto: Namibia Umbrella Ops

Kommentaar

Republikein 2025-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer