Swanger tiener glo met stok doodgeslaan
Swanger tiener glo met stok doodgeslaan

Swanger tiener glo met stok doodgeslaan

Die verhoor van 'n plaaswerker wat na bewering sy meisie naby 'n veepos in die Outjo-distrik vermoor het, het gister begin.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



'n Getuie wat teenwoordig was in die huis waar die 17-jarige Hinautiele Kandele Ndemupandula na bewering deur haar mansvriend met 'n stok doodgeslaan is, het gister in die Windhoek-hoërhof getuig dat sy die slagoffer se geskree gehoor het en ook hoe die houe haar tref.

Volgens die klagstaat het Simion Tobias Ndeshifa (30), 'n Angolese burger wat daarvan aangekla word dat hy Ndemupandula die nag van 1 op 2 November 2014 vermoor het, die noodlottige aand saam met ander plaaswerkers alkohol by 'n veepos op die plaas Dornputz gedrink.

Die beskuldigde het glo ná die drinkery na sy huis op die plaas teruggekeer. Daar het hy glo 'n selfoonoproep ontvang dat Ndemupandula, met wie hy in 'n romantiese verhouding betrokke was, in 'n hut geslaap het by die veepos waar hulle gekuier het. Dit is die staat se saak dat hy gedreig het om die oorledene leed aan te doen voordat hy haar gaan haal het.

Me. Selma Ndapandula Manuel het gister getuig dat sy in die huis was waar die oorledene na bewering deur Ndeshifa aangerand is.

Volgens haar getuienis het haar broer, mnr. Johny Immanuel, vir Ndeshifa met sy aankoms by die huis meegedeel dat Ndemupandula in ene Marcus se kamer was. Sy het verder getuig sy het gehoor die beskuldigde vra haar broer: “Wil jy by my vrou slaap?”

Sy het ook gehoor dat Ndeshifa na bewering geëis het dat die oorledene hom terug na sy huis vergesel en dat sy vir hom gesê het dit was te laat en hulle die volgende dag na sy huis kan gaan. Manuel het getuig dat sy houe hoor val het en dat Ndemupandula huilend by haar slaapkamer verbygehardloop het.

Manuel het verder getuig dat sy Ndemupandula se voetspore en een skoen die volgende dag by die heining van die huis ontdek het. Haar liggaam is later deur 'n plaaswerker 'n ent van die veepos aangetref. Sy was twee maande swanger.

In 'n pleitverduideliking wat Ndeshifa se regsverteenwoordiger in die hof voor regter Alfred Siboleka voorgelees het, erken hy dat hy Manuel met 'n stok geslaan het, maar dat hy nie van plan was om haar dood te maak nie.

Die verhoor duur vandag voort.

Adjunk-aanklaer-generaal Karin Ester­huizen tree namens die staat op en Ndeshifa word deur mnr. Titus Iipumbu verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A