Swakoppoortdam styg met 4,1%
Die Swakoppoortdam het sedert Maandag ’n goeie hoeveelheid water bygekry en van 38,6% na 42,7% gestyg. Gister teen 15:00 het 20 m³ water die dam per sekonde binnegevloei. Volgens Namwater het Swakoppoort sedert Maandag altesaam reeds meer as 5 Mm³ water ingekry. Die dam het ’n totale kapasiteit van 63,489 Mm³. Die foto is in September verlede jaar geneem toe die dam slegs sowat 8% water oorgehad het. Foto Elvira Hattingh.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie