Swakopmund se boeke duister
Swakopmund se boeke duister

Swakopmund se boeke duister

Die ouditeur-generaal sê die kusdorp se finansiële state verteenwoordig nie 'n ware en regverdige beeld nie.
Denver Kisting - Die Swakopmund-munisipaliteit se bedryfsverlies het in een jaar met N$1,6 miljoen gestyg.

Dít verteenwoordig 'n toename van nagenoeg 130%.

Dié beroerde toedrag van sake het die afgelope week in die Nasionale Vergadering (NV) aan die lig gekom.

Mnr. Natangwe Ithete, die adjunkminister van finansies, het die jongste ouditverslag van dié plaas­like ­owerheid vir die boekjaar geëindig 30 Junie 2017 in die NV ter tafel gelê.

In dié verslag sê die ouditeur-­generaal, mnr. Junius Kandjeke, 'n mens kan ongelukkig nie steun op die akkuraatheid van die verlies­bedrag nie weens “verskeie onreëlmatig­hede en onvoldoende rekeningkundige beleid”.

Die enigste troos wat die voort­bestaan van munisipale sake ­verseker, is dat die munisipaliteit steeds gemagtig is om belasting en tariewe te hef, sê Kandjeke.

Die OG sê voorts hulle kon nie kop of stert uitmaak van sake betreffende die munisipaliteit se skuldenaars nie.

Hy het hulle beveel om hul interne beheermaatreëls rondom toerisme-inkomste en skuldenaars op te skerp.

Kandjeke sê die munisipaliteit het toegegee sekere individue word in daardie departement weens bedrog ondersoek.

Die OG het denkbeeldige skul­denaars van meer as N$3 miljoen op dié plaaslike owerheid se boeke ontdek.

Die OG is eweneens bekommerd oor die omstandighede by die ­Swakopmund-vliegveld.

Hy sê swak rekordhouding, onkunde oor die aantal loodse, en vlieëniers se verontagsaming van standaard- aankoms- en vertrekprosesse is aan die orde van die dag.

Kandjeke sê hy is ook besorg, omdat dié eens welvarende plaaslike owerheid “nie boekhou van alle grond onder sy beheer nie”.

Omdat die munisipaliteit geen waardevermindering boekstaaf op bates wat deur middel van lenings bekom is nie, is waardevermindering van N$60 miljoen net in 2017 nie aangeteken nie.

Dít beteken bates is N$60 miljoen meer aangedui as wat dit was.

Die OG raai die munisipaliteit aan om 'n geskikte waardeverminderingsbeleid aan te neem en in werking te stel kragtens die internasionaal erkende rekeningkundige raamwerke.

'n Ander kopseer is dat dié munisipaleit 'n onvolledige stel finansiële state aan sy ouditeurs voorgelê het.

Hulle het onder meer geen kontantvloeistaat, 'n staat met veranderinge in netto bates en 'n opsomming van die vernaamste rekeningkundige beleid saamgestel nie.

Dit is eweneens 'n vereiste van die internasionaal erkende rekeningkundige raamwerke om volledige state te lewer, het Kandjeke gemaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!