Swakopmund
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Vanoggend het Hy 'n panorama geskep, deur met Sy onsigbare hand die dorp met 'n grys laag te tint.
Die ligte in die huise vertoon dof deur die benatte ruite met biggelspore van die misreën. Die straatligte verf 'n weerkaatsing op die natgelate strate, met nuanse van goud.
'n Ligte bries bring 'n verdraagbare kouheid oor die trotseerders, en laai die reuk van ontbyt af in die neus.
Tot ver is die *mislepaai oor die duine getrek en gee 'n mistroostige tafereel mee; tog uniek gekreeër. Skaars hoorbaar is die *getappel vanaf dakke en blare.
Sag druis die see en sus die skuim op die deining van die water - die voëls sit op die ysterkaai, stil, met gepofte vere en hul gesigte gekeer na die wind, wyl die kaai ferm staan teen die aanslae van die oseaan, en die mens in hul hart weet, dis net 'n tydelike stryd.
'n Fietser gaan stadig verby met die klank wat die bande opwek uit die nat van die pad. Wolkies van wasem ontsnap uit sy mond, soos sy longe die asem trek en stoot. Dit verwek in my 'n gedagte van stomende koffie. So *apodikties, dat ek die koffie ruik in my verstand; bó die erkende reuk van die see.
Stadig kom die dorp tot lewe, *emersie ontluik soos 'n blom, want om elke draai en uit elke huis stroom wesens wat die dag moet betree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie