Swakop-rooftog: tweede slagoffer sterf
Die 82-jarige man wat verlede week saam met sy vrou in hul huis op Swakopmund wreed aangerand en beroof is, is Donderdag oorlede.
Jessica Botes - 'n Bejaarde inwoner van Swakopmund het verlede Donderdag in die Marie Douglas-versorgingseenheid vir verswaktes gesterf aan die beserings wat hy verlede week tydens 'n rooftog opgedoen het.
Volgens hoofinsp. Erastus Ikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, is mnr. Siegfried Paul Hermuth Strzelecki (82) om 16:50 oorlede.
Hy het gesê 'n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Strzelecki se dood te bepaal.
Strzelecki is ernstig beseer en sy vrou, me. Rosvietha Sieglinde (79), is dood tydens 'n aanval verlede week in die egpaar se huis.
“Die drie beskuldigdes in die saak, mnre. Jerobeam Simon Shidute (23), Fabianus Lazarus (24) en Daniel Stephanus Nghilifa (26), het nou dubbele moordklagte teen hulle,” het Ikuyu gesê.
Die beskuldigdes is ook aangekla van huisbraak met die doel om te roof.
Hulle het verlede Maandag vlugtig in die landdroshof op Swakopmund verskyn.
Die verhoor is tot 26 September uitgestel sodat die beskuldigdes regsverteenwoordiging kan kry en aansoek om borgtog kan doen.
'n Vierde verdagte (39) wat kort ná die voorval in hegtenis geneem is, is vrygelaat, aangesien geen bewyse bestaan wat hom met die misdaad verbind nie.
oorledene herken verdagte
Die roof het op 2 Augustus in Swakopmund se Vineta-woonbuurt plaasgevind.
Twee van die verdagtes het die Strzelecki-woning glo tussen 08:00 en 09:00 met die hulp van 'n duplikaatsleutel binnegekom.
Volgens Ikuyu het hulle 'n kamer binnegegaan waar wyle me. Strzelecki was, haar aan die nek gegryp, haar kop teen 'n muur gestamp en haar verwurg.
Haar man het die lawaai gehoor en ondersoek ingestel.
Hy het een van die verdagtes herken as 'n man wat vroeër met opknappingswerk by die Strzelecki's gehelp het.
Die ander verdagte het 'n mus opgehad. Die twee verdagtes het mnr. Strzelecki glo met messe gedreig en op geld aangedring. Die verdagtes het glo ook 'n kluis probeer oopsluit met 'n sleutel wat vroeër deur die egpaar vermis is.
Mnr. Strzelecki is na bewering deur die verdagtes aangerand en vasgebind.
Die mans het 'n selfoon ter waarde van N$8 000, die afstandbeheerder van die huis, me. Strzelecki se sandale en N$1 000 se kontant gesteel en op die vlug geslaan.
Strzelecki kon daarin slaag om homself los te wikkel. Hy het by die bure gaan hulp vra en hulle het die polisie gekontak.
Sy vrou is op die toneel deur paramedici van E-Med Rescue dood verklaar.
Alles wat uit die Strzelecki-egpaar se huis gesteel is, is in besit van 'n hoofverdagte teruggevind.
Hy is die dag ná die rooftog omstreeks 03:00 in die DRC- informele nedersetting in die Mondesa-woonbuurt vasgetrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie