Swakop reg vir skouspel
Vlugbal
Tielman van Lill - Die Namibiese Vlugbalfederasie (NVF) gaan vanaf 10 tot 20 Desember die Sone 6 klubkampioenskap by The Dome aanbied.
Volgens die NVF het sy nuutgevonde vennootskap met die binnenshuise sportsentrum op dié kusdorp daartoe gelei dat dié perfekte venue gevind is om sy voorgenome toernooi aan te bied waaraan ''n verwagte 40 klubs en 600 spelers sal deelneem.
Die kompetisie is ''n kwalifiserende geleentheid vir tien lande om na die 2017 Afrika vlugbalkampioenskap deur te dring.
Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Zambië en Zimbabwe kan aan die byeenkoms deelneem.
Ongelukkig bestaan die moontlikheid dat van die lande vanweë geldelike tekort en hoë kompetisiestandaarde dalk nie hul klubs sal kan stuur nie.
Namibië is in die bevoorregte posisie om vier mans- sowel as vrouespanne te kon inskryf, maar finansiële las het een mans- en een vrouspan genoop om te onttrek. Nakapele van Ongwediva (mans) en Oshana Nampol (vroue) van Oshakati is die twee klubs wat onttrek het. Dus sal ''n span van die Weermag, Khomas Nampol, Vloot A, Revivals, SKW en Noordgrens hul man teen die besoekers staan.
Daar word verwag dat spelers soos Eddy Uyepa (Weermag), Messah Kambala (Khomas Nampol), Anna Mupiri (SKW) en Tuli Amakali van Revivals die gasheerland met trots sal verteenwoordig. Al die klubs is tans kliphard besig met voorbereidigs om die kampioenskap met mening te pak.
STRANDVLUGBAL
Die NVF sê op 18 en 19 Desember sal vir die eerste keer in die geskiedenis by dié betrokke kampioenskap ook ''n strandvlugbalkompetisie aangebied word.
Namibië sal opnuut drie spanne per geslag inskryf met die voorneme dat Kim Seebach, Rosi Hennes, Stephanie Palmhert (vroue) en Jan-Erick Sack (mans) die wêreld aan die brand kan speel.
Dieselfde drie vroue was in Aprilmaand in die Namibiese span wat in Nigerië by die finale van die CAVB Kontinentale Beker in aksie was om vir die 2016 Rio-spele te kwalifiseer. Sack wat aan die 2016 Timeout strandvlugbalreeks deelgeneem het, was goed op dreef en het vier uit vyf toernooie ingepalm.
Kristin Schulz, Michi Böhringer (meisies), Daniel Pfeifer en Fabian Pfeifer (seuns) het Namibië by die o.19 wêreldkampioenskap verteenwoordig en sal saam met Ishitile Aloisius en Nashikaku Sakeus (Vloot) by The Dome vir ''n plek in die uitklopfase meeding.
Die kompetisie dien as ''n kwalifiserende byeenkoms vir skeidsregters waar ''n instrukteur van die Konfederasie van Internasionale Vlugbal die kandidate se vertoning sal soek. As gevolg van omstandighede kon Namibië in 2014 nie enige van sy plaaslike blasers na die Internasionale Skeidsregterskursus vir kandidate in Zimbabwe stuur nie.
Dus beskik die land tans oor geen internasionaal erkende fluitjieblasers nie en beamptes van buite die landsgrense sal die wedstryde hanteer.
Die NVF reken al die aksie vind net op die regte stadium van die Desembervakansie plaas wanneer die kusdorp met vakansiegangers gelaai is en die borge maksimum blootstelling sal kry.
Die NVF benodig dringend ''n borg om met die byeenkoms te help en stel belang om ''n verhouding vir die langer termyn op te bou.
Borge wat tans aan boord van die NVF se belange is, is Bank Windhoek met N$40 000 en The Dome (N$80 000) wat sy venue vir ''n week beskikbaar gestel het.
“Ons bedank Bank Windhoek en The Dome vir hul vrygewige bydrae wat dit moontlik maak om die kampioenskap aan te bied,” sê die Namibiese Vlugbalfederasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie