Swakop durf die branders aan
BRANDERPLANKRYERS het op Swakopmund meegeding tydens ?n besoek van Son Surf van Suid-Afrika aan die Namibiese kus. Op Son Surf se toerprogram was ?n leerskool vir branderplankryers, ?n besoek aan die weeshuis Hope?s Promise op Arandis en verskeie skole in die Erongo-streek.
Die kompetisie met Tiger Reef as basis op Swakopmund was bedoel vir jonk tot oud. Die kompetisie het met ʼn Tag-spankompetisie begin. Daarna is die Grommet-kompetisie vir jong branderplankryers aangebied, gevolg deur die Grommet Expressions, waar die beste toertjies beoordeel is.
Die uitslae was:
Tag-spankompetisie: 1. Blou, 62 punte; 2. Rooi, 53,5 punte, 3. Geel, 52 punte.
Grommet: 1. Phillip Seidler, 2. Eike Rohloff, 3. Guido Paape; 4. Dylan Lackey.
Grommet Expressions: Wenners was Eike Rohloff, Phillip Seidler, Damian Lackey en Schalk Louw.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie