Swakara sal katalogusveiling hou
Swakara sal katalogusveiling hou

Swakara sal katalogusveiling hou

Swakarapelse kan tydens die inperkingstydperk nie na die Kopenhagen Fur-veiling geneem word nie, wat beteken die raad moes met nuwe alternatiewe vorendag kom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Swakara sal op 22 April deur middel van ’n katalogusveiling aan die gereelde Kopenhagen-pelsveiling in Denemarke deelneem.

Dit kom nadat die Covid-19-pandemie, asook die feit dat lande soos Namibië onder ’n staat van inperking geplaas is, beteken dat pelse nie landuit kan gaan vir deelname aan die gesogte internasionale pelsveiling nie.

“Die pelse vlieg op kommersiële vlugte en dié is opgeskort,” het die Swakara-raad se voorsitter, me. Julene Meyer, aan Republikein gesê.

“Ons gaan dus steeds aan die veiling deelneem, net nie op die gewone manier wat fisiese inspeksies van skoulotte insluit nie. Ons het met Kopenhagen Fur onderhandel om die pelse in die vorm van ’n e-katalogus op ’n digitale platform in te sluit, saam met die ander pelstipes wat te koop aangebied sal word.

“Ons maak dus steeds gebruik van Kopenhagen Fur se dienste, wat ons internasionale bemarkingsagent is.”

Meyer verduidelik Kopenhagen Fur gaan self ook net ’n aanlyn veiling hou as gevolg van die Covid-19-pandemie. Maatreëls is van krag dat geen buitelanders Denemarke tans mag binnegaan nie, asook ’n verbod op ’n samekoms van meer as 10 persone.

“Die raad het die opsies bespreek en beskou die volgende as die beste opsie: Pelse bly Namibië en ’n katalogusveiling word gehou. Personeel sal beskikbaar wees om deur video-oproepe belangstellendes te help om deur die lotte te werk – sou hulle ’n behoefte daaraan hê,” het Meyer gesê.

Sy het bygevoeg dat September 2019 se veilingpryse as ’n riglyn vir reserwepryse sal dien, ter beskerming van produsente se inkomste, die swakara pelsmark asook kopers se balansstate.

“Kopers het aangedui hulle het tans nie ’n groot aptyt vir pelse nie.

“Covid-19 het uitgebreek drie weke nadat die verkoopseisoen vir die winter aangebreek het. Dus is pelsskoue en modeweke afgestel, terwyl hul winkels gesluit is omdat dit nie as noodsaaklike dienste in die onderskeie lande gelys is nie,” het Meyer gesê.

“Kopers wag om te sien wat die impak van Covid-19 sal wees, asook hoe sake in die reeds sukkelende pelsbedryf wêreldwyd gaan vaar.

“Ons beplan om die pelse wat verkoop direk uit Namibië te versend wanneer die inperkingstydperk verstryk,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg die raad is daarvan bewus dat produsente se geldsake onder druk is en dat situasie tans die bedryf kan knou. Sy het produsente aangemoedig om die erns van die pandemie te besef en dat almal die maatreëls sal prioritiseer vir die “beswil, gesondheid en oorlewing van almal – veral die weerloses.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.76/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0086 | Zinc US$ 2 993.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 81.65/BBP DOWN -0.0183 | Platinum US$ 1 053.12/OZ UP +0.89% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.35 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.76/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0086 | Zinc US$ 2 993.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 81.65/BBP DOWN -0.0183 | Platinum US$ 1 053.12/OZ UP +0.89%