Swak internet- en datadienste
Swak internet- en datadienste

Swak internet- en datadienste

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF: Graag wil ek verneem of u nie ’n artikel wil doen oor die geweldige swak internetseine en data-probleme van Telecom nie. Dit gaan regtig nie goed nie en kliënte betaal baie geld maandeliks, maar kry swak of frustrerende Internet- (WiFi) dienste. Alewige onderbrekings of geen Internet nie.

Besighede en mense en kinders wat WiFi of die Internet moet gebruik vir hulle werksaamhede ly baie daaronder tans. In Okahandja se omgewing sukkel ons geweldig en al wat ons hoor as ons die helpdesk skakel, is: “Ons dra kennis en tegnici werk daaraan.”

Die diens die afgelope twee maande in ons streek is regtig pateties en onprofessioneel; as jy dink jy betaal N$1 000 per maand vir jou Telecom-internet en kry net swakker diens by die dag. Wat gaan aan, veral in Okahandja, dat daar net eenvoudig deurlopend beter kwaliteit WiFi of seine is nie?

Kan u asseblief vir ons Telecom kontak en ’n berig plaas oor hulle frustrerende diens vir al ons lesers en verbruikers (veral in Okahandja-area). Dis hoog tyd dat die breë publiek ook ’n regte antwoord sal kry vir wat regtig die oorsaak is en wanneer dit ten volle weer reg sal wees.

Op sosiale media is daar baie klagtes ten opsigte van die Internet-situasie. Dis nou tyd dat Telecom iets drasties daaraan doen. Ons betaal vir ’n swak diens tans.

Kommentaar

Republikein 2026-06-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer