'Swak diens in gasvryheidsbedryf'
Swak kliëntediens het 'n uitdaging in die gasvryheidsbedryf geword.
Só het die adjunkminister van die omgewing en toerisme, mnr. Tommy Nambahu, Woensdag in die hoofstad tydens die inhuldiging van die nuwe direksie van Windhoek se Buiteklub- en Ontspanningsoord gesê.
Nambahu sê daar is 'n verlaging in die koopkrag van verbruikers weens swak kliëntediens. Hy meen soveel as wat maatskappye op die bemarking van hul handelsmerke fokus, so moet die fokus op gehalte dienslewering ook wees.
“As toeriste na Namibië kom en swak hanteer word by 'n spesifieke vakansieoord, gaan dit bepaal of hulle na Namibië sal terugkeer of nie,” het Nambahu gesê.
Hy het beklemtoon kliëntediens speel 'n belangrike rol in 'n organisasie se vermoë om 'n inkomste te genereer.
“Daar is 'n behoefte daaraan om te fokus op die vestiging van 'n kultuur van uitmuntendheid in dienslewering in beide die openbare en private sektore,” het die adjunkminister gesê.
Die ministerie het al vier direksielede van Windhoek se Buiteklub- en Ontspanningsoord heraangestel. Hulle sal tot 2020 dien nadat hul termyn teen die einde van Maart verstryk het.
Die direksielede is mnr. Sven Thieme, voorsitter, me. Clara Bohitile, ondervoorsitter, en mnr. Alec Boois en me. Terttu Nuuyuni.
Nambahu het gesê hul heraanstelling kom ná die raadslede uitstekend gevaar het.
Windhoek se Buiteklub- en Ontspanningsoord se bruto bedryfswins vir 2016 was N$42 miljoen - minder as die teiken van N$65 miljoen.
Nambahu het gesê die direksie het toewyding en harde werk getoon en die finansiële posisie van die maatskappy omgekeer vanaf N$151 miljoen in die rooi in 2009 tot 'n positiewe posisie van N$315 miljoen in 2016.
“Ek is oortuig daarvan die direksie sal voortgaan om op opbrengs op belegging uit al die bedrywe van die maatskappy te fokus, asook op volhoubare ontwikkeling in die sektor,” het hy gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie