Swael-uitbarstings niu00e9 sondaar
Swael-uitbarstings niu00e9 sondaar

Swael-uitbarstings nié sondaar

Die ministerie sê toetse dui aan die temperatuur, suurstofvlakke en konsentrasie van swael in die water het nié veroorsaak dat vis uitspoel nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - ‘n Swael-uitbarsting is nié die rede waarom talle Kaapse marsbankervis verlede week by Myl 8 naby Swakopmund uitgespoel het, of in die vlak water tussen rotse vasgekeer is nie. Veel eerder is seediere wat op dié visse jag maak, die oorsaak.

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne se woordvoerder, mnr. De Wet Siluka, het onlangs in ‘n nuusverklaring gesê monsters, wat ‘n dag ná die voorval van die seewater geneem is, het getoon die temperatuur, suurstofvlakke en konsentrasie van swael in die water was normaal.

Dié uitslae stem ooreen met satellietbeelde van Amerika se Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (Noaa).

Noaa monitor die kleur van seewater, asook die konsentrasie chlorofil, wat aanwysers van onder meer swael-uitbarstings is.

Die ministerie sê dit is dus moontlik dat die gedrag van roofdiere die uitspoel van talle visse by Myl 8 veroorsaak het.

Hulle sê ‘n skool masbankervis kon dalk tydens hoogwater naby die kus verby geswem het, toe dit deur roofdiere in die rigting van die rotse teen die strand gedwing is.

“Hierdie is ‘n baie algemene verskynsel en kan ongesiens verbygaan omdat daar nie baie nedersettings langs ons kus is nie,” het Siluka gesê.

Hy het gesê die ekonomiese en ekologiese impak van so ‘n voorval is gering.

Siluka sê in ‘n video wat aanlyn versprei is, is syfers oor die aantal gestrande visse “uit die duim gesuig”.

Hy sê ook geen wetenskaplike feite bestaan om dit te rugsteun nie en niemand het die visse “getel” nie.

Siluka het gesê tydens ‘n onlangse opname is geskat daar is sowat 36 miljard marsbankers.

Jaarliks word sowat 350 000 ton, oftewel 7 miljard individuele visse geoes.

Hy het gesê die winkelmandjies wat die mense in die video gebruik, kan elk sowat 150 visse dra.

“Gegewe dié getalle is dit duidelik die impak van die gestrande visse is nie noemenswaardig nie, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie – uit ‘n ekologiese óf ekonomiese oogpunt.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A