Swaargewigte van Oekraïne boks by Ramatex
Boks
Andrew Poolman - Vir liefhebbers van die vegsport wag daar verskeie belonings op bywoning van die MTC Salute Boksakademie se “Clash of the Titans” boksaand by die Ramatex-saal in Otjomuise.
Twee titelgevegte uit die 13 botsings op die program is nie die enigste nuuswaardige gebeurtenisse vir die aand nie.
Die bestemde hoofgeveg is tussen Albinius (Danny Boy) Felesianu, wat sy eerste liggewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) kan inpalm indien hy met Peter Pambeni van Zimbabwe kan afreken.
Die Swakopmunder se rekord van 18 oorwinnings uit 21 gevegte (twee verloor, een gelykop) wys dat hy 'n moelike kant in die bokskryt is. Bitter graag sal hy hierdie aansienryke kontinentale gordel wil inpalm wat tevore deur sy formidabele landgenoot en latere wêreldkampioen, Paulus (Hitman) Moses, gehou is.
Pambeni het 12 uit sy dertien beroepsgevegte sover gewen.
Die ander titelgeveg is vir die Afrika Boksunie (ABU) se veergewiggordel, waar Natanael Kakololo (8-1-1) die Namibiese aanspraakmaker teen die meer ervare Toto Helebe (20-7) is.
Die Suid-Afrikaanse besoeker was tevore vir 'n geveg teen Jeremiah Nakathila vasgeknoop, wat egter weens onvoorsiene omstandighede deur die mat geval het.
Lukas Ndafoluma, The Demolisher, het ook reeds vir hom 'n aanhang opgebou (16 gewen, twee verloor) en klim teen Enock Msambudzi van Zimbabwe deur die kryttoue.
Benewens Ndafoluma gaan nóg 'n bekende Namibiese middelgewig en voormalige Afrika-titelhouer, Anthony Jarmann, vroeër teen Simeon Tcheta van Malawi vuiste swaai.
Die insluiting van drie gevegte in die swaargewigklas behoort ewe veel belangstelling en opgewondenheid gaande te maak as die feit dat twee Oos-Europese besoekers daarin betrokke sal wees.
Twee van die swaargewigbotsings is Igor Shvadzutkyi van Oekraïne (1-0) teen Alick Gogoda van Malawi (4-3) en later Taras Neadachyn van Oekraïne (3-0) teen Akeem Tijani van Nigerië (4-0).
Twee Namibiese swaargewigte se paaie kruis ook, in Kasera Sirongo (1-0) en Johannes Nekongo (0-1).
Die eerste gevegte is bestem om 18:00 te begin. Gewone toegang kos N$100, of N$200 vir die beter sitplekke nader aan die kryt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie