Swaargewigte sal terugveg, sê Mourinhou
Sokker
José Mourinho het Sondag as 'n “ongelooflike dag vir sokker” bestempel, nadat Brasilië en Duitsland nie hul openingswedstryde in die Wêreldbekertoernooi kon wen nie, maar glo dié sokker-swaargewigte moet nie summier afgeskryf word nie.
Duitsland, die verdedigende kampioen, is op verrassende wyse met 1-0 deur Mexiko verslaan, terwyl Brasilië, wat vooraf as een van die groot gunstelinge beskou is om die skouspel in Rusland te wen, met 'n gelykopuitslag van 1-1 teen Switserland tevrede moes wees.
Vroeër die naweek moes nog 'n gedugte span, Argentinië, ook met 'n gelykopuitslag teen Ysland tevrede wees.
Mourinho, Manchester United se afrigter wat die WB-toernooi as 'n TV-ontleder bywoon, sê hy verwag nie dat Duitsland of Brasilië vroeg in die toernooi uitgeknikker sal word nie.
“Ek dink hulle sal albei kwalifiseer en die beste van dié twee spanne behoort in die uitkloprondes ook sterk na vore te tree. Hulle weet hoe goed hulle is en ek is seker hulle sal baie verbeter.
“Dis dalk goed dat hulle vroeg 'n wekroep gekry het, want dit sal hul voete op die grond geanker hou, maar hul ondersteuners hoef ook nie paniekerig te raak nie.”
Duitsland se volgende wedstryd in groep F is Saterdag teen 'n gedugte Sweedse span, terwyl Brasilië Vrydag sy wenrekening in groep E teen Costa Rica sal wil open.
Brasilië se afrigter, Tite, het sy span se onoortuigende vertoning intussen aan sy en sy spelers se “angs” toegeskryf.
“Dit is die soort angs wat gepaard gaan met die eerste wedstryd in 'n Wêreldbeker; selfs die afrigter is benoud.”
Costa Rica het sy openingswedstryd teen Serwië met 0-1 verloor.
– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie