Swaar vragdraer belemmer verkeer
Des Erasmus - Verkeer tussen die kusdorpe Walvisbaai en Swakopmund en die binneland moes Dinsdagmiddag sowat ses ure lank 'n omweg deur Usakos volg nadat 'n swaar voertuig in die middel van die dorp omgeslaan en die pad vir motors en vragmotors gesluit was.
Op die toneel het dit gelyk na nóg 'n geval van remstelsels wat nie gestand was teen die steil hellings wes van die dorp op die pad van Swakopmund nie. Die swaar tuie met vrag was in die verlede al in verskeie ongelukke met ook lewensverliese by die T-aansluiting in die middel van Usakos betrokke.
In die proses het van die groot vragdraers ook al die ou stasie van Usakos platgeloop. Dinsdagmiddag se ongeluk het net ná drieuur gebeur toe die bestuurder blykbaar nie sy draai teen 'n hoë snelheid kon kry nie.
Die vragmotor is in private besit en het 27 ton boumateriaal vervoer. Net die eienaar en die bestuurder was in die kajuit, maar albei het ongedeerd daarvan afgekom. Die grootste skade was aan die kajuit van die tuig.
Op die toneel is vasgestel dat die remstelsels deurgeslyt het waar die bestuurder blykbaar alles moontlik gedoen het om die geweldige snelheid van die wegholtuig te breek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie