Swaar trein vat die spoor
Die koning van blues, BB King, sou uitgeroep het “the thrill’s not gone!” as hy verlede Vrydagaand die vrystelling van Roadhouse Blues se debuut-album, Heavy Train, by die Warehouse-teater in die hoofstad bygewoon het.
Die suikersoet en soms galbitter uiterstes van die groep se eiesoortige blues het die stampvol teater van die eerste note van die titelsong “Heavy Train” af in vervoering gehad en het bewys hoekom die blues steeds lewens verryk en gemoedere ophef om mense te laat bybly met soms onstuimige politieke en maatskaplike omstandighede.
Roadhouse Blues se onvergeetlike aand in Windhoek het die geestelike verryking van dié genre bewys met applous wat die dak van die gebou by tye wou lig wanneer meester- kitaarspeler Thomas Bokemüller sy Gibson Les Paul en Fender Stratocaster-kitare se snare laat sing het, terwyl Hu-de San se saksofoon en bekfluitjie op die noot van die pasaangeeërs, Robert Key (baskitaar) en Anesh Morar (tromme), geween het.
Hul weergawe van twee BB King classics, “Hoochie Coochie Man” en “How Blue Can You Get”, het Roadhouse Blues se oorspronklikheid met meesterlike interpretasies bewys.
Lank laas het ‘n gehoor ‘n groep gesien wat dit so geniet om saam op te tree en toeskouers te betrek.
Bokemüller is nie net meester van die kitaar nie, hy omskep die instrument in iets onvergeetliks.
Hy kombineer style en gebruik tokkelnote saam met poetsnote en ander toevoegings om ‘n voller en meer organiese klank te skep.
Die manier waarop hy sy note met soveel verskillende klanke en ritmes opkikker, laat jou dink die kitaar is ‘n verlengstuk van sy liggaam – ‘n deel van sy regterhand wat geen grense ken nie.
Een van sy sterkpunte is sy vloeibaarheid. As sanger en kitaarspeler weef hy die twee perspektiewe vleiend ineen. Bokemüller ‘n musikant met vuur in sy are en kan die temperatuur enige tyd laat verander.
Sy uitsonderlike vaardigheid gaan gepaard met meesterlike beheer wat distorsie, vinger-vibrato en spontane koordspel insluit. Saam met sy hartroerende lirieke en die talent van die ander drie lede sorg dit vir toorkuns.
Dis oorweldigende emosies wat koue rillings langs jou ruggraat kan afstuur.
Afgsien van ‘n kanonieke kitaarspeler, bring die groep hul boodskap van hartseer, deernis, begrip en blydskap na ‘n behoorlik gedekte tafel.
Wat uitstaan, is dat die groep daarin slaag om nooit vervelig te klink nie. Al elf nommers op die album verskil en is unieke, tuisgemaakte blues.
Die groep slaag daarin om ‘n perfekte balans tussen emosies, toonsetkuns, melodieë en tegniese vaardighede te skep sonder dat dit ooit ‘n demonstrasie van net tegniek en spoed is.
Jimi Hendrix het 50 jaar gelede gesê die blues is dalk makliker om te speel as ander musiekgenres, maar dis die moeilikste musiek om regtig te kan voel.
As daar een groep op Namibiese bodem is wat jou die blues kan laat “voel”, is dit Roadhouse Blues.
En hul blues is so verfynd, hulle kan jou skoon anders laat voel! Soos dit goeie musiek betaam . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie