Swaar reën, grondstortings eis 18 in Rwanda
Agtien mense het Maandagnag gesterf toe swaar reën verskeie dele van Rwanda getref het en grondstortings veroorsaak het.
Rwanda, wat as die land met die duisende heuwels bekend staan, het ná hewige reën grondstortings ervaar wat huise op berghange platgevee het.
“Agtien mense het in die nag van 23 April gesterf weens dié ramp, het Rwanda se minister van rampbestuur op Twitter gesê.
Sewe mense het in die noorde van die land gesterf, agt in die hoofstad Kigali en drie in Gatsibo in die ooste van Rwanda. Altesaam 79 huise en 56 hektaar gewasse is vernietig.
Die ministerie was steeds besig om die totale skade weens die erge reën te bepaal.
Die regering het in die verlede mense wat in die berge woon, gemaan om na veiliger gebiede te verskuif.
Die dodetal volg op 51 mense wat tussen Januarie en middel-April weens swaar reën en weerlig gesterf het.
Dit sluit in 16 mense wat in Maart in 'n kerk deur weerlig doodgeslaan is. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie