Swaar metaal

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Volgende Vrydagaand bulder hulle in die Warehouse in Windhoek, die volgende oggend douvoordag koers die kopbeenknape Ghanzi toe, waar hulle met die rofste van rof by die jaarlikse Overthrust Winter Metal Mania Fest gaan kopstamp, Sondag draai hulle in Botswana sodat hulle Maandag weer hul agt tot vyf-plek in die hoofstad kan inneem.

Dís die passie waarmee As Night Fades (ANF) hul honger vir heavy metal voed: Vyf Namibiërs – van 22 tot 29 jaar – bedags van grafiese ontwerper en elektronika-konsultant tot jong manne met hul eie besighede én nog tweede joppies wat wissel van karate- en dansinstrukteur tot fotograaf.

Dit alles sodat hulle ná ure metal kan lééf: Stephen Slabber, Token Kafidi, Dewald de Kock, Juan Viljoen en JP Jacobs.

Ná “baie gebellery” is ANF in 2016 gebore. Dié gesoute manne – wat nie skrik vir ander musiekinstrumente van klavier tot viool nie en hul plek in bands van enige ander genre kan volstaan – het besef: Dis nou of nooit.

Hulle het mekaar goed geken. Belangriker: Hulle het mekaar se talente geken.

“Khorixas het nie gewerk nie,” spot hulle oor ‘n naam. Oor As Night Fades het hulle “vir ‘n sekonde saamgestem”. “En dis ‘n goue reël in metal: As jy saamstem oor ‘n naam, vát dit,” word geskerts waar hulle kruisbeen plat op die vloer in ‘n pakhuis in die Prosperita-nywerheidsgebied met Kollig gesels.

In ‘n genre-blik laat ANF hulle nie druk nie. ‘n Mens kan begin hare kloof oor of hulle melodic of death metal is, maar vir hulle is die antwoord eenvoudig: “Ons maak musiek; ons worry nie oor die genre nie.”

Oor hul liefde vir die komplekse swartskaap van musiek is die manne dit eens: G’n ander genre takel issues en euwels van die moderne samelewing met soveel rou – en dikwels baie ongemaklike – eerlikheid soos heavy metal nie. Dit skram nie weg van omstredenheid nie, is nie bang vir kritiek nie en soek nie witvoetjie op mainstream gewildheidslere nie.

“Metal is daai baie goeie vriend van jou. Wat vir jou iets sê wat jou de moer in maak, maar jy móét dit nogtans hoor.

“Dit skop op plekke waar jy nie eers geweet het jy gaan seerkry nie. Dit sê goed wat jy nie eintlik veronderstel is om hardop te sê nie.”

Juis daarom dat dit oënskynlik die stiefkind van die musiekfamilie en fans is. Die samelewing se skaapmentaliteit kryt dit as ‘n geraastaboe uit.

Vir metal moet jy nie bang wees nie, sê ANF. Jy moet wel óópkop wees. En dapper. Want agter die dikwels misverstane intense geraas skuil lirieke waaroor diep getob word.

Dis die geraas en die energie en die ritme wat mense aanvanklik insuig as hulle bereid is om ‘n kopskuif te maak, sê ANF. Maar die musiek is net ‘n lusmaker. “Gaan google die lirieke, dan wag daar groot verrassings op jou.”

Metal leer jou nie net van die wêreld nie, dit leer jou baie van jouself. En dis ‘n uitlaatklep soos min.

ANF skryf hul eie musiek. Soos die band self, is dit ‘n fynverweefde spanpoging waar die een nie sonder die ander kan nie.

Juan en Dewald kom gewoontlik met ‘n riff vorendag. Dan word daar lank en hard gejam tot ‘n song uiteindelik daaruit gebore word. Stephen het die kop vir lirieke, ‘n storie wat maande kan duur.

“Maar ‘n song is nooit finaal totdat álmal nie iets gesê het nie.”

ANF werk aan ‘n CD. Maar met day jobs en bitter min geldelike ondersteuning uit die formele kunsgemeenskap is dit lang proses. Elke sent uit hul shows gaan in die band se blikkie.

Boonop is die band besig om hul styl te verfyn. “Bands is maar baie soos ‘n verhouding. Aan die begin is dit intens. Maar soos die tyd aanstap, begin jy aan mekaar skaaf om die beste in die ander een los te wikkel.”

Soos met alle ander musiek, is daar goeie, maar ook slegte elemente in die heavy metal-gemeenskap. Maar die deursnit metal band en fan is verdraagsaam, verantwoordelik en altyd bereid om ‘n nuweling te verwelkom.

“Metal word die meeste geoordeel, maar ons oordeel die minste,” sê ANF.

Swart mag dalk dié kleur by shows wees, maar daar’s ‘n reënboog van fans: Oud en jonk, wit en swart, mense met groot grade en dik beursies en net die gewone middelklas ou.

“Niemand voel uit nie, almal word net aanvaar.”

Namibië kán head bang en die wêreld moet dit weet, sê ANF.

Heavy metal in die land brul met talent en verdien om die verhoog met internasionale bands te deel – soos wat in Botswana en Suid-Afrika gedoen word.

“Ons moet die hekke óópmaak. Bands moet hier en kom speel en ons in hul lande.”

Dit gaan oor die liefde vir musiek en die liefde vir fans, sê ANF.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A