Sven skrik g’n vir 1,55 ton nie!

Sterkmankompetisies
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die 25-jarige Sven Reimers van Windhoek, wat deur André du Preez afgerig word, het die afgelope naweek in Suid-Afrika aan die 2017 Africa’s Strongestman-kompetisie deelgeneem waar hy derde geëindig het.

Die kampioenskap, wat uit vyf dissiplines bestaan, sou verlede jaar November plaasgevind het, maar is uitgestel en is Saterdag in Rustenburg, Noordwes, gehou. Reimers, wat nog maar onlangs aan dié tipe kragkompetisies begin deelneem het, is nog ‘n groentjie in dié sport, maar het gewys waartoe hy in staat is. Reimers was die enigste Namibiese inskrywing en moes sien hoe Dean Shelly en André Sweeney van Suid-Afrika onderskeidelik die eerste en tweede plek opraap.

Een van die dissiplines moes weens beserings aan die sterkmanne uitgestel word, terwyl vier suksesvol voltooi is.

Uitslae

Max Log: 1. Shelly 160 kilogram. 2. Sweeney 160 kg. 3. Reimers 130 kg.

Max Deadlift: Shelly 360 kg. 2. Sweeney 340 kg. 3. Reimers 320 kg.

In die Yoke-afdeling was die gewig 420 kg en die manne kry een minuut om dit op sy skouers te plaas en 20 meter daarmee in die korste tyd te loop.

420 kg Yoke: 1. Shelly 29.06 sekondes. 2. Sweeney 39.75 s. 3. Reimers (lê 14.2 m van die 20 m af).

Die Carry Medley bestaan uit drie fases waar gewigte geruil moet word en deelnemers 40 m in die kortste tyd moet stap. Hulle begin met 140 kg in elke hand en stap vir 10 m, sit dit neer, tel ‘n sak van 100 kg op en stap 10 m terug na die beginpunt. Dan draai hulle om met die 100 kg-sak en stap terug na die twee 140 kg-gewigte. Sit die sak neer, gryp die 280 kg en laat spaander die laaste 10 m terug.

Carry Medley: 1. Shelly 47.44 s. 2. Reimers 38.5 s. 3. Sweeney (vorder slegs 30 m).

Kommentaar

Republikein 2026-06-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer