Susanne Hoff gevonnis
Die Windhoekse sakevrou wat aan poging tot moord op haar vervreemde man skuldig bevind is, is Vrydag in die streekhof in die hoofstad gevonnis.
Jacqueline Louw
'n Kalm Susanne Hoff het Vrydag haar vonnis in die Windhoek-streekhof aangehoor in die opspraakwekkende hofsaak waarin sy skuldig bevind is aan poging tot moord op haar eggenoot, mnr. Egbert Hoff.
Landdros Alexis Diergaardt het Hoff 'n boete van N$30 000 of ses jaar tronkstraf opgelê. Sy het 'n verdere twee jaar tronkstraf opgelê waarvan twee jaar opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat Hoff nie weer skuldig bevind word aan 'n soortgelyke misdaad nie en dat sy 300 uur se gemeenskapsdiens by die Hope Village in Havana, Katutura, voltooi.
In haar uitspraak het Diergaardt aangedui dat wanneer 'n toepaslike vonnis oorweeg word, die belange van die gemeenskap sowel as dié van die oortreder in ag geneem moet word en dat 'n element van genade altyd teenwoordig moet wees. “Ons moet 'n barmhartige begrip van menslike swakhede hê,” het Diergaardt gesê. Sy het verder gesê sy beskou dit in 'n baie ernstige lig dat die beoogde slagoffer 'n eggenoot en vader van kinders is. Volgens Diergaardt het die vonnis ook ten doel om as afskrifmiddel vir ander oortreders te dien. “Mense in Namibië wend hulle tot geweld om hul probleme op te los,” het sy gesê.
Ter versagting het Diergaardt die geestelike en fisieke mishandeling wat Hoff glo tydens haar huwelik verduur het, ook in ag geneem. 'n Egskeidingsaak van die partye is intussen in die Windhoek-hoërhof aanhangig gemaak.
Diergaardt het tydens die uitspraak aan Hoff gesê: “Ek sien 'n opgevoede mens met goeie vaardighede en kennis – 'n waardevolle mens.” Sy het verder gesê sy sal Hoff 'n tweede kans gee om die verlede agter die rug te plaas.
Deur gemeenskapsdiens as vonnis op te lê, hoop Diergaardt dat Hoff, 'n eertydse eienaar van 'n advertensiemaatskappy, haar kennis met die kinders van Hope Village sal deel. Sy mag nie oor haar misdaad met die kinders praat nie.
Hoff is deur die staat aangekla dat sy met drie mans saamgesweer het om haar eggenoot te vermoor. Sy is onskuldig bevind op die klag van sameswering om moord te pleeg, maar wel skuldig aan poging tot moord.
Hoff is deur adv. Esi Schimming-Chase en prokureur Karin Klazen verteenwoordig. Staatsaanklaer Samantha Diergaardt het namens die staat opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie