Susan geniet uitdagings as WP-speler
Die gewese Wanderers- en Namibië-speler volg steeds haar eie pad om haar drome op die netbalbaan na te jaag.
Die gebore Windhoeker Susan van Zyl glo dat sy as 'n voorbeeld kan dien vir vroulike deelnemers aan sport – veral netbalspelers soos sy – dat jy jou nie moet steur aan die menings van enigiemand wat jou voortydig wil afskryf nie.
Vandat dié gewese nasionale speler sowat twee jaar gelede vanweë 'n werkaanbod na Kaapstad verhuis het, het sy op die netbalbaan reeds haar plek in die Westelike Provinsie se provinsiale span oopgespeel. Nogtans is sy steeds besig om nuwe mylpale te bereik en nuwe vaardighede aan te leer.
“My storie is nie baie standaard soos vele ander mense wat al van kleins af in 'n spesifieke sportsoort inbeweeg het nie. My ouers het my toegelaat om verskillende sportsoorte te probeer en ek het eers in die hoërskool stadig maar seker myself gemakliker met die reëls en bewegings van netbal gemaak.
“My ma was 'n hokkiebokkie vir Suidwes jare terug. Netbal was nie iets wat baie ter sprake gekom het nie, maar steeds het my passie bly groei.
“My netballoopbaan het eintlik eers afgeskop toe ek in 2009 ná my studies terug Windhoek toe getrek het. Ek het by Wanderers begin en is toe vir die eerste keer gekies om op streekvlak (vir Khomas) te speel. Hierna het dit my fokus geword om vir my land te moes speel.
“Ek was 24 jaar oud toe ek vir die eerste keer aan netbal op nasionale vlak blootgestel was. Ek was bevoorreg genoeg om vir byna sewe jaar vir die nasionale span te kon speel, waarvan ons twee keer na Singapoer getoer het vir die Sesnasiesbeker. Later was Malawi en Botswana ook van die lande waar ons op internasionale vlak gaan kompeteer het.
“Ek het einde 2017 Suid-Afrika getrek vir werk (as chirurgiese verteenwoordiger) en het besluit om aan te hou netbal speel.
“Vir die eerste keer het ek toe in 'n aksienetbal-liga begin speel. Dit was vir my 'n groot aanpassing, want ek het net netbal op buitenshuise bane geken. Ek was eers gekies in die WP se B-groep, waar ek baie ondervinding opgedoen het, en is nou bevorder na die WP se A-groep vir aksie-netbal.
“Die buite-netbal se proewe lê nog voor einde Maart, waarvan ek reeds deur is na die volgende rondte van proewe.
“Ons toer einde April na Pretoria vir die 2020 interprovinsiale toernooi, waar ons 'n week van intense kompetisie gaan teëkom.
“Ek is wel bietjie ouer as van my spanmaats, maar geniet elke oomblik en dit hou my gees jonk en hou die mense op hul tone. Daar is baie struikelblokke wat 'n mens moet oorkom indien jy as mens op 'n gereelde grondslag vorentoe wil beweeg en 'n impak wil maak in sport op 'n ouer ouderdom.
“Ek is dankbaar ek het nooit opgegee nie en bedank ons Hemelse Vader vir die talent en uithouvermoë wat hy vir my en talle ander gee wat dieselfde passie volg.
“My raad aan ander sal wees: Vind eers uit wat werk vir JOU – nie vir enigiemand anders nie, maar vir jou. Al vat dié pad dalk langer as ander mense se idee van sukses, bly dit steeds 'n waardevolle belegging van jou tyd.
“Sodra jy weet wat werk vir jou, sal jy reeds weet hoe om die volgende stap te neem. Maak die Here betrokke met absoluut alles en jy sal presteer en floreer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie