SuperSport-skild moet in visier wees

Provinsiale kompetisie is onontbeerlik in die laaste maande voor Japan 2020.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die eerste ligstraaltjie goeie nuus vir Namibiese rugby-ondersteuners in die Wêreldbekerjaar is dat die Welwitschias se plek in die SuperSport-reeks vanjaar klaarblyklik 'n werklikheid sal wees.

Die chaotiese en onsekere nadraai wat die bitter onenigheid op administratiewe vlak nagelaat het sedert die nasionale span se dominerende kwalifikasie vir die 2020 Wêreldbeker in Japan, is steeds nie opgeklaar nie.

Maar ten minste is die potensiële katastrofe oënskynlik afgeweer dat die beste plaaslik gebaseerde spelers nie die vooruitsig van 'n behoorlike kompetisie teen Suid-Afrikaanse provinsies sou kon hê nie. Die plaaslike groep vorm altyd 'n ewe sterk kern van die Wêreldbeker-poging as die professionele spelers uit Suid-Afrika of Europa.

Die sosiale rugbymedia Suparugby het gister die wedstrydprogram vir die SuperSport-reeks se skildafdeling onthul.

Daarvolgens speel die nasionale spanne van Namibië en Zimbabwe in groep A teen die Luiperds en die Griffons op 'n tuis- en weggrondslag.

Namibië en Zimbabwe open hul seisoen op 27 April met 'n beplande ontmoeting in Windhoek, wat volgens alle aanduidinge as 'n volwaardige toets sal tel.

Volgens Suparugby sal Zimbabwe al drie sy tuiswedstryde in Johannesburg speel – óf by die Raiders-rugbyklub óf by Pirates.

Geen van die Namibië Rugby-unie (NRU) se woordvoerders kon gister ontvangs van die wedstrydprogram bevestig nie.

Die Namibiese Rugbymaatskappy (NRL) se uitvoerende hoof, mnr. Mervin Green, sê hy het deelgeneem aan die onderhandelinge tydens besoeke aan die Suid-Afrikaanse Rugby-unie.

“Die opgestelde wedstrydprogram is nog nie amptelik bekend gestel nie en is ook nie onveranderlik nie. Die finale goedkeuring word nog afgewag van SuperSport as die uitsaaier.”

Green sê die status van die Rugbymaatskappy is steeds onseker.

“Die aanduidings is dat al die onderhandelinge in die finale stadiums van uitklaring is. Ek het niks op skrif ontvang oor wat die voorgestelde ooreenkoms tussen die NRU en Wêreldrugby behels nie. Al wat ek kan hoop, is dat sake vanjaar vinniger en vlotter as verlede jaar verloop, want elke dag wat verlore gaan, plaas ons net meer en meer op die agtervoet (in die enkele maande van opbou na die Wêreldbeker in Japan in middel-September),” het Green gesê.

'n Dringende kwessie op die tafel vir die Namibië Rugby-unie sal die aanstelling van 'n afrigterspan vir die SuperSport-reeks wees, waar die vertrek van Lyn Jones en JP Nel na Rusland 'n leemte gelaat het.

Die krag- en kondisioneringsafrigter Sergio de la Harpe het egter sedert Maandag 8 Januarie die nasionale groep se voor­seisoen behoorlik op koers gehou.

“Ons wag ook maar nog op uitsluitsel om te hoor wat die magte en pligte van die nasionale direkteur van rugby (Phil Davies) sal wees,” sê Green.

Die wedstrydbepalings:

27 April: Griffons teen Luiperds; Namibië teen Zimbabwe (Windhoek)

4 Mei: Luiperds teen Zimbabwe; Griffons teen Namibië.

11 Mei: Namibië teen Luiperds (Windhoek); Zimbabwe teen Griffons (Jhb).

18 Mei: Luiperds teen Griffons; Zimbabwe teen Namibië.

25 Mei: Zimbabwe teen Luiperds (Jhb); Namibië teen Griffons.

6 Junie: Luiperds teen Namibië; Griffons teen Zimbabwe.

Die SuperSport-skild se groep B bestaan uit die SWD Arende, die Oostelike Provinsie, Boland en die Valke.

Suid-Afrika se topagt unies speel terselfdertyd in die SuperSport-bekerkompetisie. Volgens Suparugby word gestreef om soveel as moontlik van die Skild-wedstryde by gemeenskapklubs se velde te speel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: Napoli 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 0 Torino | AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64% Sport results: LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: Napoli 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 0 Torino | AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64%