SuperSport-aanbieder kry hartomleiding
SuperSport-aanbieder kry hartomleiding

SuperSport-aanbieder kry hartomleiding

Die SuperSport-aanbieder Neil Andrews ondergaan vandag ’n driedubbele hartomleiding in die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg.
Die 55-jarige Andrews het hom Saterdagaand weens ’n erge pyn in die bors laat opneem.
’n Woordvoerder van SuperSport het gesê Andrews se gemoedstoestand is goed en dat dié deurwinterde aanbieder sê hy “voel goed”.
Andrews werk reeds 29 jaar vir SuperSport as ’n aanbieder en fokus hoofsaaklik op rugby, sokker en perdewedrenne.
Hy het in Junie met die webwerf Sporting Post gepraat oor die emosionele en finansiële impak wat die Covid-19-inperking op die sport- en perdewedrenbedryf, en as ’n gevolg ook op hom, gehad het.
Hy het verwys na “seëninge in oorvloed”, wat sy familie vir hom bied.
Andrews is getroud met Hlohlo en hulle het drie kinders, Elijah Gabriel (tien maande), Noah Benjamin (2) en Brighton Nathaniel (7).
Neil het ook ’n 23-jarige dogter, Melissa Jade, en ’n 19-jarige seun, Gregory Scott.
– Netwerk24

FOTO
Die SuperSport-aanbieder Neil Andrews. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer