Sukses in my wêreld
Karin Eloff - Wanneer ek die woord “sukses” hoor, sit daar reeds ’n knop in my keel. En nie omdat ek wil huil nie. Eintlik omdat ek wil opgooi. Want die woord “sukses” laat my sommer reeds minderwaardig voel.
Wat die meerderheid van die samelewing as sukses beskou, is beslis nie wat ek is nie.
Sukses is mos om in ’n (minstens) drieslaapkamer- dubbelverdiepinghuis met ’n swembad, interkom en aircon in meer as een vertrek te bly. Sukses is om jou kos by Woolies te koop, jou grimering by Mac, jou klere by Poetry en jou kinders by die Instituut van Kinders wat nie burp, poep of onderpresteer nie. Of vloek nie. Of jou ooit in die verleentheid bring nie. Sukses is dubbellaag toiletpapier, DStv, ’n kuns- , kaas- en wynversameling en ingevoerde honde. En ’n tersiêre kwalifikasie wat niemand kan spel nie. O ja, sukses is ook om carbs te vermy.
Dít is sukses.
In my wêreld lyk sukses ’n bietjie anders.
Newwermaaind om nie carbs te eet nie, maar om ander opsies as goedkoop carbs vir aandete te hê, is vir my sukses. ’n Proteïen en ’n tamatie so nou en dan is volgens my sukses. Sukses is om Spruit soggens wakker te kry, aangetrek en betyds by die skool te kry sonder om my sin vir humor te verloor. En sonder om haar selfbeeld te vernietig. Sukses is elke spel- of taalfout in die koerant wat ek nié miskyk nie, aangesien dit my werk is om foute te soek. Sukses is om aan die einde van die maand steeds my salaris te kry ten spyte van daai drie “k's” in “sukkkel” wat ek onlangs in een van ons opskrifte op die voorblad heeltemal misgekyk het. Voorbladfoute is onvergeeflik!
Sukses is om te kan betaal vir elke bord kos wat Spruit by die skool geniet, en om te weet iemand wat iets van kos af weet, voer haar. Sukses is elke “asseblief” en “dankie” wat uit haar mond uit kom. Sukses is elke toets waarin Spruit presteer, maar ook om nie in ’n gestig te beland wanneer sy nié presteer nie.
Sukses is om voor elfuur saans in die bed te kom. Sukses is om saans tuis te kom en te sien my drie honde is nie deur ’n slang, skerpioen, luiperd, uil, koedoe of bobbejaan aangeval nie. Sukses is elke drukkie wat Spruit my uit haar eie gee. Sukses is om nie in ’n alkoholis te ontaard voor Spruit haar hoërskoolloopbaan voltooi nie.
Sukses is om deurgaans te onthou onderwysers is ook mense – boonop met onmenslike hoë stresvlakke. Sukses is elke woord wat ek op my doenlysie kan doodtrek. Eintlik doodkrap. Ek krap goed wat afgehandel is sommer hééltemal dood, uit my lewe uit dood. Sukses is om te onthou om toiletpapier te koop en petrol in te gooi voor dit klaar is. Sukses is om die krag te hê om eenmaal ’n week die vloere te vee en die banke, die kind en die honde te stofsuig. Sukses is om Spruit se skoolrok se soom só in te sit dat niemand agterkom dis eintlik met Prestik vasgeplak nie.
Sukses is elk dag waarin niemand in my klein gesinnetjie (van twee mense en drie honde) dood is, verstik het, gearresteer is, skelm dagga gerook het of swanger geraak het nie.
En die grootste sukses van als is om te weet daar's genade, onbeskryflik groot. Of jy nou in ’n god glo of nie. Dis daar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie