Sukkelende Vettel dink nog nie aan uittrede
Sukkelende Vettel dink nog nie aan uittrede

Sukkelende Vettel dink nog nie aan uittrede

F1-renne
Die Formule Een-renjaer Sebastian Vettel het nog nie planne om motorsport vaarwel toe te roep nie.

Die 32-jarige Vettel, wat vir Ferrari jaag, is onder baie druk by dié span, aangesien sy kontrak aan die einde van 2020 verval. Boonop lyk dit of sy jong spanmaat, Charles Leclerc (22), as die toekoms van dié span beskou word en het dié man in Monaco sy meer geroemde spanmaat die laaste ruk ore aangesit op die baan.

Ferrari het boonop ook informele gesprekke met die sesmalige wêreldkampioen Lewis Hamilton gehad oor die moontlikheid om sy dienste in 2021 te bekom.

Vettel, ’n Duitser, wat reeds vier keer die wêreldkampioen was, sal die eerste een wees om te erken dat hy tot beter in staat is as sy vyfde algehele plek die afgelope seisoen.

Hy het volgens wheels24.co.za op die vraag of hy dit oorweeg om uit te tree, gesê hy het nog nie spesifieke oorweging daaraan geskenk nie.

“Maar ná meer as 12 jaar wonder jy wat volgende voorlê. Jy moet nie sonder ’n plan deur die lewe gaan nie, selfs as jy nie weet of dinge gaan verloop soos jy beplan het nie,” sê Vettel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer