Suiwelbedryf van strategiese belang
Die Namibiese suiwelbedryf kán nie met die Suid-Afrikaanse en ander globale suiwelbedrywe meeding nie.
Die Nambiese suiwelbedryf maak in volume slegs 1% van die Suid Afrikaanse suiwelbedryf uit. Namibië se totale jaarlikse melkproduksie is 24 miljoen liters. Suid Afrikaanse produsente kan dit binne drie dae produseer.
Waar Namibië se totale melkkoeikudde uit 3 000 beeste bestaan, het enkele individuele melkstalle in Suid Afrika 3 000 koeie op stal.
Dié syfers blyk uit ‘n ontleding van die suiwelbedryf in Namibië wat die Suiwelprodusentevereniging (SPV) in samewerking met die Namibiese Handelsforum (NTF) laat doen het.
“Dit is dus net nie moontlik vir Namibië om teen die globale wêreld mee te ding nie. Nogtans word die suiwelbedryf in Namibië as ‘n sektor van strategiese belang vir die land gesien ten opsigte van werksverskaffing, nywerheidsontwikkeling en groei,” sê die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy nuusbrief.
Die studie is deur Dataspank gedoen en die bevindings is verlede Dinsdag tygens ‘n bedryfsvergadering in Windhoek bekend gemaak.
Die studie wys verder uit dat met die huidige bevolkingsgroei van 1,8% en met ‘n konstante jaarlikse per kapita verbruik van 9 liter UHT-melk, daar groot potensiaal vir groei in dié bedryf bestaan.
As gevolg van die invoer van UHT-melk het hierdie markaandeel van die plaaslike geproduseerde UHT-melk gestagneer en die invoere het gegroei. Dus moet invoere beperk word om die plaaslike sektor die moontlikheid te bied om te kan groei, sê die NLU.
Wat veral onrusbarend was uit die studie, was die feit dat oor die afgelope ses jaar 108 miljoen liter suiwel die land onverklaard binnegekom het. Dit is 18 miljoen liter per jaar.“Die algemene gevoel in die vergadering was dat dit belangrik is om die plaaslike suiwelbedryf te ondersteun, veral gesien in die lig van die Namibiese ekonomiese groei.
“Die hoop is dat die konsepwetgewing, wat invoere gaan reguleer en wat tans in sy finale stadium is, nog hierdie jaar in die parlement ter tafel gelê sal word sodat die nodige ondersteuning aan die bedryf gegee kan word,” sê die NLU.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie