Suiderlanders oor vloede gewaarsku
’n Vloedgolf van sowat 3 800 kubieke meter water per sekonde is tans na owernedersettings langs die Oranjerivier op pad.
Ronelle Rademeyer – Ofskoon weinig tot geen reën oor die volgende paar dae vir Namibië voorspel word, is mense aan die Oranjerivier en stroomaf van die drie groot opgaardamme in die Suide gewaarsku om op ’n hoë gereedheidsgrondslag te wees.
Volgens Hidrologiese Dienste Namibië se vloedbulletin is ’n groot vloed mense langs die Benede-Oranjerivier se voorland.
“Dit lyk of ons ’n ernstige vloed aan die Benede-Oranjerivier gaan hê weens onlangse swaar reën, en vrylatings uit damme soos Bloemhof en Vanderkloof in Suid-Afrika asook Namibië se suidelike damme soos Naute, Neckartal en Hardap,” lui die verslag wat Dinsdag deur die ministerie van landbou, water en grondhervorming uitgereik is.
Inwoners word gewaarsku om ’n hoë vlak van waaksaamheid te handhaaf en gereed te maak vir oorstromings laer af waar die Visrivier by die Oranjerivier aansluit.
“Die land se drie groot opgaardamme het aansienlike invloei gekry weens swaar reën en vloede in hul opvangsgebiede oor die afgelope paar weke. Die totale inhoud van die drie groot opgaardamme in die Suide is relatief hoog en staan ??tans op 91%.
Die Neckartaldam was Dinsdag 102,3% vol, die Nautedam 102,0% en die Hardapdam 72,2%.
“Damoperateurs word aangeraai om die bestuur van vloedbeheermaatreëls op te skerp en gemeenskappe wat stroomaf woon, betyds te waarsku,” sê dié diens in sy verslag.
Die land se damme was Maandag gemiddeld 82,4% vol. Presies ’n jaar gelede was dit 87,9% vol en op 20 Januarie 2020 het die land se damme gesamentlik maar 20,4% van hul totale kapasiteit gehad.
BENEDE-ORANJERIVIER
Die vloedgolf wat vanuit Suid-Afrika in die Benede-Oranjerivier na die Atlantiese Oseaan op pad is, sal Upington Donderdag bereik.
Die verwagting is dat die riviervloei op 3 800 kubieke meter water per sekonde (m3/s) sal piek, sê mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie. Hy hou boere en ander belanghebbendes daagliks op ’n WhatsApp-groep op hoogte van die rivier se vloei en die verwagte pieke.
Die vorige piek by Upington was op 3 Januarie toe die watervloei 2 650 m3/s was.
Daardie vloedgolf het reeds tot oorstromings op plekke langs die rivier se oewer in Namibië gelei. Dit beteken die bykans 1 200 m3/s méér water wat nou in aantog is, kan groter skade aanrig aan landerye, paaie en byvoorbeeld die kampterreine en infrastruktuur van lodges op die oewer. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie