Suider-Afrika in hittegreep
Terwyl reënvooruitsigte tans vaag lyk met n weerstelsel wat Suider-Afrika domineer en die kraaie laat gaap, het die kanse op 'n El Niño nou verstewig.
Die hoëdrukstelsel wat tans die suidpunt van Afrika domineer en vir baie warm, dalende lug sorg, sal volgens die Namibiese weerkantoor steeds vir sonnige en baie warm toestande oor die groter dele van die land tot die einde van hierdie week sorg.
'n Maksimum temperatuur van tot 40 °C word vir vandag op Ondangwa verwag, met Oshakati, Katima Mulilo en Keetmanshoop waar termometers op 39 °C te staan sal kom. Buiten vir kusgedeeltes, kan die meeste dorpe in die land verwag dat die kwik vandag minstens 36 °C sal bereik – met geen verligting teen Vrydag nie.
Die hoëdrukstelsel voorkom ook dat enige vog kan inbeweeg en dus kan wolke nie vorm nie en veroorsaak dat die hittegolf al wyer oor die vasteland uitkring. Sedert gister het dit ook vir Zambië en Angola in sy greep.
EL NIÑO KOM
Intussen meen kenners dat die kans op 'n swak El Niño-weerverskynsel nou op sowat 80% staan. Na verwagting sal dit nog in hierdie somer vorm, met 'n 55%- tot 60%-kans dat dit tot die komende herfs kan voortduur.
Tog het neutrale ENSO-toestande tydens Oktober voortgeduur, ondanks wydverspreide bo-normale seeoppervlaktemperature oral oor die ekwatoriale Stille Oseaan. ENSO staan vir die El Nino-Suidelike ossilasie klimaatspatroon.
Volgens 'n uitkykstatus wat op 8 November deur die Amerikaanse Weervoorspellingsentrum en die internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing uitgereik is, dui die meerderheid van hul weermodelle aan dat 'n swak El Niño hierdie somer kan vorm en tot die komende herfs atmosferiese toestande sal oorheers.
Die volgende ENSO-bespreking sal op 13 Desember plaasvind.
PLAASLIKE VOORSPELLINGS
Die Namibiese weerkantoor se Simon Dirkse het egter in September vanjaar 'n seisoenale weervoorspelling uitgereik waarvolgens die groter dele van Namibië normale tot ondernormale reën tussen Oktober en Desember kan verwag.
Vanaf Januarie tot Maart 2019 word ondernormale tot normale reëns voorspel. Die vooruitskouing volg nadat ENSO-toestande oor die sentrale en oostelike dele van die Stille Oseaan neutraal tydens Augustus gebly het.
Die meeste globale klimaatmodelle voorspel egter dat 'n swak El Niño tussen September en Desember vanjaar kan ontwikkel en sal voortduur tot Maart volgende jaar, het die weerkantoor gesê.
NATTER SIKLUS
Republikein het toe ook berig van 'n klimatoloog van Santam Landbou in Suid-Afrika, mnr. Johan van den Berg, wat meen vanjaar se voorspelde El Niño se blaf gaan dié somer dalk erger as sy byt wees en dat dit lyk asof die suidelike deel van Afrika 'n natter siklus binnegaan.
“Die El Niño-verskynsel gaan dit hierdie somer waarskynlik briek aangesien daar droër periodes gaan wees, maar dit lyk of ons voorkant toe meer reën kan verwag,” het hy gesê.
Volgens die jongste voorspelling van die Wêreld Meteorologiese Organisasie (WMO) gaan die verwagte El Niño-stelsel nie so sterk wees soos in 2015-'16 toe van die ergste droogtes in die geskiedenis in Namibië gewoed het nie.
“Die WMO voorsien nie dat die verwagte El Niño so kragtig soos die 2015-'16-verskynsel sal wees nie, maar dit sal steeds 'n beduidende invloed hê,” het die WMO se sekretaris-generaal, mnr. Petteri Taalas, volgens BBC News gesê.
Die El Niño twee seisoene gelede was so kragtig dat dit weerpatrone wêreldwyd beïnvloed het. Dit het meegebring dat 2016 opgeteken is as die warmste jaar sedert rekordhouding begin het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie