Suidedamme kry gróót water
Nasionale damme handhaaf tans 'n gemiddeld van 48,1% en het vandeesweek altesaam 104,958 Mm³ bygekry.
Elvira Hattingh - Swaar reën word vandeesweek op plekke in die Noordweste asook die Otjozondjupa- en Omahekestreek verwag, terwyl meer gematigde buie na verwagting in die Khomas- en Erongostreek kan voorkom.
Die Namibiese weerdiens se hoofvoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister aan Republikein gesê droë toestande sal na verwagting vandeesweek in die //Kharasstreek en suidelike dele van die Hardapstreek oorheers.
“Terselfdertyd is matige tot swaar reëns oor die naweek in Etosha asook die noordweste en suidelike dele van die land aangemeld,” het hy gesê.
Volgens amptelike syfers wat deur die weerdiens bygehou word, het Okongo Sondag 43 mm reën ontvang, terwyl die plaas Garettes naby Fransfontein 32 mm gemeet het. Op Khorixas is 19 mm gemeet, terwyl Rundu en Omuthiya onderskeidelik 12 mm en 10 mm ontvang het. Maltahöhe en Omaruru het ook elk 5 mm reën ontvang.
Saterdag het Rehoboth se reënmeters op 14 mm gestaan. Maltohöhe het 9 mm gekry en Oshakati 6 mm. Vrydag het dit 20 mm op Groot Aub gereën, 19 mm op Aranos, 17 mm op Omaruru asook op Oshikango, 13 mm in Windhoek en 11 mm op Aroab.
Die Hardapdam het die afgelope week 'n massiewe 79,370 Mm³ water bygekry en van 38,2% tot 65,1% gestyg.
Dit staan tans op 191,781 Mm³ en alhoewel dit steeds 'n inloop van water het, sal dit na verwagting nie binnekort 70% bereik nie. Indien nog reën val en die dam wel dié vlak bereik, sal van die water uitgelaat word.
Kort op sy hakke is die Nautedam, wat tot nou 12,949 Mm³ water bygekry het en van 76,7% tot 92,2% gestyg het. Die Oanobdam het ook 11,717 Mm³ water ingekry en van 27,6% tot 61,5% gestyg.
Sentrale damme
Die Von Bachdam het altesaam 8,190 Mm³ water sedert verlede Maandag bygekry en in die week het die dam se waterinhoud meer as verdubbel. Tans staan dit op sowat 32,7% (15,867 Mm³).
Verlede jaar dieselfde tyd het die dam op 21,8% (10,609 Mm³) gestaan.
Die Swakoppoortdam het ook van 5,7% 'n week gelede tot 9,8% (6,238 Mm³) gestyg en altesaam 2,589 Mm³ water ingekry, terwyl die Omatakodam 1,690 Mm³ bygekry het en van 2,9% tot 6,8 gestyg het. Die drie damme is nou tesame 'n rapsie voller as dieselfde tyd verlede jaar. Tans bevat dit gesamentlik 25,064 Mm³ of gemiddeld 16,1%, vergeleke met verlede jaar se gemiddeld van 14,8% of totale inhoud van 23,070 Mm³.
Dit beteken NamWater se doelwit om genoeg water vir sentrale Namibië vir twee reënseisoene vooruit te hê, kan steeds nie bereik word nie en die waternood bly kritiek.
Die Friendenaudam het ook 0,534 Mm³ water bygekry en van 23% verlede week tot 30,9% gestyg, terwyl die Goreangabdam se vlakke ook effens gestyg het, van 100,5% tot 101,3%.
Die Otjivero-, die Tilda Viljoen- en die Daan Viljoendam het nie 'n invloei van water gehad nie en staan op 27,5%, 34,2% en 32,4% onderskeidelik.
Nasionale damme handhaaf tans 'n gemiddeld van 48,1% en het vandeesweek altesaam 104,958 Mm³ bygekry. Verlede jaar dieselfde tyd het die gemiddeld op 39,6% gestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie